Britse bekoring

britse_bekoring

Dekorartikels met dié bekende vlag is hoogmode. Maak sommer self mooi kussings vir jou bed of bank.

Marlo Kitshoff-Carstens

 Union Jack-kussing

BENODIGDHEDE (1 kussing)

BINNEKUSSING

  • 55 cm wit materiaal (150 cm wyd)
  • wit garing
  • genoeg stoffeersel vir kussing

OORTREKSEL

  • 1,2 m denimmateriaal (150 cm wyd)
  • 50 cm wit poliëstermateriaal (150 cm wyd)
  • 30 ml donkerrooi poliëstermateriaal (150 cm wyd)
  • donkerblou, wit en donkerrooi garing
  • genoeg wit papier
  • potlood
  • liniaal
  • skêr
  • maatband
  • kopspelde
  • basiese naaldwerkbenodigdhede

Wenk

Onthou om alle materiaal voor gebruik te was sodat dit kan krimp nie. Jy wil nie jou klaargemaakte produk sien krimp nie.

Metode

Trek patroon op

  1. Kyk na diagram.
  2. Kry groot genoeg stuk wit papier of plak papier aanmekaar vas tot groot genoeg.
  3. Gebruik afmetings en trek na op papier met potlood en liniaal. Onthou die naattoelating is klaar ingesluit.

Binnekussing

  1. Sny wit materiaal 50 cm x 80 cm groot en kap om. Laat opening aan die een kant effens groter as jou hand.
  2. Trek kussingsloop deur sodat omgekapte kant in binnekant is.
  3. Vul kussing met stoffeersel soos verkies.
  4. Werk opening toe.

Kry alles bymekaar

  1. Sny denim 52 cm x 82 cm groot vir voorpant.
  2. Sny denim in twee dele van 52 cm x 52 cm vir die agterpant.
  3. Skeur een lang strook van wit materiaal van 6 cm breed.
  4. Skeur een lang strook van wit materiaal van 12,5 cm breed.
  5. Skeur een lang strook van rooi materiaal van 3,5 cm breed.
  6. Skeur een lang strook van rooi materiaal van 8,5 cm breed.

Begin aanmekaarsit

  1. Vou voorpant horisontaal in die helfte en merk met kleremakerskryt.
  2. Vou voorpant ook vertikaal in helfte en merk met kleremakerskryt.
  3. Plaas voorpant met regte kant van denim na jou op plat oppervlak neer.
  4. Plaas smal wit stroke materiaal oorkruis op voorpant. Steek met kopspelde vas en stik met naaimasjien naby geskeurde kant op voorpant vas. Maak seker dat die materiaalstroke glad lê.
  5. Sny smal stroke rooi materiaal elk 42 cm lank.
  6. Plaas rooi materiaalstroke soos aangedui op diagram bo-op gestikte wit stroke materiaal vas. Maak seker dat materiaalstroke glad lê.
  7. Steek vas met kopspelde en stik met naaimasjien naby geskeurde kant op voorpant vas.
  8. Pars sodat alles plat lê.
  9. Plaas nou die breë stroke wit materiaal in die middel en dwarste soos aangedui op diagram bo-op. Gebruik gemerkte middelpunte as die basis sodat jou stroke presies in middel lê.
  10. Maak seker dat wit materiaalstroke glad lê en steek met kopspelde vas.
  11. Stik wit materiaalstroke vas.
  12. Plaas rooi materiaalstroke bo-oor wit materiaalstroke. Steek met kopspelde vas sodat rooi materiaalstroke glad lê.
  13. Stik met naaimasjien naby kante van materiaalstroke vas. Pars sodat stroke glad lê.
  14. Knip enige oortollige garingdrade af.

Hoe om kussings aanmekaar te stik

  1. Plaas die twee agterpante teen mekaar.
  2. Stik ‘n soompie aan die twee pante wat teen mekaar lê.
  3. Plaas agterpante met regterkant op voorpant.
  4. Die agterpante sal oorvleuel. Steek met kopspelde vas.
  5. Stik kussingoortreksel om buiterand vas.
  6. Werk rafelrande met omkapsteek af en knip hoeke skuins.
  7. Keer om na die regtekant en trek oor klaar kussing.

SOURCES
Elmarie Knapton

Send this to a friend