Die breinsjirurg gesels oor sy dieet

breinsjirurg_gesels_oor_sy_dieet

Vyf vrae aan die breinchirurg, Adriaan Liebenberg, wie se boek Die breinsjirurg se dieet (Penguin Random House Struik) nou mense aan die gons het nadat hy self 70 kg verloor het

Maryke Roberts

Hoeveel energie bevat vet?
32 000 kJ per kilogram. So om een kilogram te verloor, gaan jy meer moet doen as net een maal om die blok stap. Elke dag wat jy minder kilojoules as jou toegelate hoeveelheid inneem, spaar jy kilojoules en bring dit jou nader aan gewigsverlies.

Is daar enige goeie koolhidrate?
Onverfynde koolhidrate wat ’n lae glusemiese (bloedglukose) indeks (GI) het, is die beste koolhidrate. Dit beteken hulle is saamgestelde, onverfynde koolhidrate wat langer neem om te verteer as oorverfynde en minder saamgestelde koolhidrate. Lae GI-koolhidrate veroorsaak nie ongesonde dalings in bloedglukose- of insulienvlakke nie en laat jou langer versadig voel.

Wat het die proses van gewigsverlies jou oor jouself geleer?
Ek het geleer dat ek my gewig se baas is. Ek weet nie dat ek my liggaam kan beheer deur die kundigheid wat ek in die proses aangeleer het.

Wat is die korrekte hoeveelheid gewig om per week te verloor?
Dis 0,5 tot 1 kg per week. Jy kan dit vinniger doen, maar hoe gouer jy dit verloor, hoe onvolhoubaarder is die gewigsverlies. Om 20 kg te verloor, en dit permanent af te hou, sal dit realisties wees om 40 tot 60 weke toe te laat.

Beteken gewigsverlies dat alle wegneemetes taboe is, of is daar veiliger opsies om te koop?
Wegneemetes is deel van die lekker van naweke. Maar ’n mens moet dit net nie gereeld doen nie en daar is baie gesonde opsies op die spyskaart. Al die groot kitskosmaatskappye het die voedingsinligting beskikbaar, gewoonlik op die perseel (jy moet net vra) of anders op die internet. Dis maklik om dan ’n ingeligte keuse te maak.

SOURCES
Jac Kritzinger

Send this to a friend