Eureka, Jy kan dit vind!

Al ooit gewens jy kan ook skep en iets uit niks ontdek? Lees in Vrouekeur se 1 Mei-uitgawe hoe om die meeste uit die lewe te haal deur kreatief en oorspronklik te wees

Anne Marais

Bewonder jy ook mense soos Vincent van Gogh, Thomas Edison, Alexander Bell en ander uitvinders en skeppende mense? Het jy al gewonder wat dit verg om nuut, kreatief en oorspronklik te dink? Dis dalk makliker as wat jy dink om ook te skep.

Kreatiewe en oorspronklike denke is nie net vir die uitverkorenes onder ons beskore nie. Diep binne-in almal van ons is ’n saadjie wat wag om te ontkiem. Al wat dit vra, is die regte grond en bemesting.

Brian Hutchinson, skrywer van die webwerf www.positivewriting.com gee die volgende vyf wenke om jou kreatiwiteit te ontsluit
• Dink aan iets wat jy suksesvol voltooi het.
• Dink na oor die proses wat jy voltooi het en skryf dit neer.
• Vind maniere om hierdie natuurlike proses in jou kreatiewe werk in te sluit.
• Wees getrou aan jouself.
• Moenie daarteen baklei nie. Sodoende sal jy jou volle kreatiewe potensiaal ontsluit.

Laat jou kind se kreatiwiteit ontwaak!
Volg hierdie wenke om ook van jou kind ’n kunstenaar van formaat te maak.
Dr Laura Markham, is ‘n Amerikaanse kliniese sielkundige. Sy gee die volgende wenke om van jou kind ’n Michelangelo te maak:
• Moenie oormatige klem op netheid lê nie.
• Leer jou kind om moontlikhede raak te sien en nie teen beperkinge vas te kyk nie.
• Fokus op speel en die proses eerder as produktiwiteit.
• Laat jou kind toe om anders te wees.
• Laat jou kinders eksperimenteer.
• Laat jou kind toe om te mors.
• Skep ’n spesiale plekkie vir kunsbenodigdhede.

Meer inligting
www.ahaparenting.com

 

Send this to a friend