Joe Foster en Johan C Venter in duet

joe_foster_johan

Joe Foster en Johan C Venter sing ‘n splinternuwe liedjie saam, “Hoe moes ek weet”.

Saam het hulle ’n Ghoema-musiektoekenning vir Lied van die Jaar in 2015 gewen, ’n temalied (Beleef jou wêreld in Afrikaans) vir kykNET geskryf en deel gereeld die verhoog.
“Hoe moes ek weet” sal die eerste opname wees waar Johan C Venter gehoor word sedert die vrystelling van die temalied “Met jou hart” uit die Strikdas-fliek. Joe Foster het vroeër vanjaar die Ghoema vir Beste Popalbum gewen.

[iframe width=”560″ height=”315″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/EP7KzbBQhxw”]

Send this to a friend