Vyf voedingsmiddels

Vyf voedingsmiddels wat selfs gesonde vroue nodig het

Goed, jy dink seker jy het nie aanvullings nodig nie (en jy het ook nie – indien jy een van die 7% vroue is wat nooit maaltye oorslaan of roomys vir aandete eet nie!). Vir die ander 93% van ons is aanvullings wonderlik om dit wat ons diëte kortkom, aan te vul. Dit kan ons selfs teen siektes beskerm.


Bruce Dennison, die president van die gesondheidsprodukvereniging van Suid-Afrika (HPA), sê “Ons het baie voedingsmiddels nodig om ons gesond te hou en in die huidige wêreld is dit ‘n uitdaging om genoegsame voedingswaarde uit die beskikbare kos te verkry. Die kos is dikwels oormatig geprosesseer en het ‘n tekort aan noodsaaklike voedingstowwe. Boonop lei ons besige lewens en slaan maaltye oor of maak die verkeerde koskeuses. Om dié rede staan die HPA aanvullings voor – nie om ‘n gesonde diëet te vervang nie, maar om te kompenseer vir wat jy kortkom. Dit stel jou sommer ook gerus.”
 
Hier is die kortlys van noodsaaklike voedingstowwe (die aanbevole hoeveelhede vir volwasse vroue, nie vir mans of kinders nie):
 
1. Vitamine E
Jy benodig: 15 mg/dag
Jy kry waarskynlik: 6.4 mg/dag
Jou tekort: 57%
Dié kragtige antioksidant beskerm selle, help hulle om met mekaar te kommunikeer, en beskerm jou vel teen UV-skade. As jy nie genoeg vitamine E inkry nie, kan jou absorpsie van ander voedingsmiddels daaronder ly.
2. Kalium (potassium)
Jy benodig: 4,700 mg/dag
Jy kry waarskynlik: 2,458 mg/dag
Jou tekort: 48%
Dié elektroliet gee woema aan jou senuweestelsel en maak jou spiere soepel. Dit help ook om jou bloeddruk op normale vlakke te hou. As jy nie genoeg inneem nie, kan jy geïrriteerd, swak en tam voel.
3. Kalsium
Jy benodig: 1,000-1,200 mg/dag
Jy kry waarskynlik: 800 mg/dag
Jou tekort: 20-33%
Dié kragtige mineraal bou sterk bene en dit beteken jy het ‘n laer risiko om osteoporose te kry.
4. Vitamine A
Jy benodig: 700 mcg/dag
Jy kry waarskynlik: 558 mcg/dag
Jou tekort: 20%
Dié voedingsmiddel ondersteun jou sig, veral jou nagsig, en hou jou vel, tandvleis en tande gesond. Dit versterk jou immuunstelsel en help om virusse te beveg. Hoe ouer jy word, hoe meer het jy dit blykbaar nodig om jou kognitiewe funksie te beskerm.
5. Magnesium
Jy benodig: 320 mg/dag
Jy kry waarskynlik: 267 mg/dag
Jou tekort: 17%
Magnesium is nodig vir honderde chemiese aktiwiteite in die liggaam, vanaf die stoor van energie tot hulp om jou gene reg te laat funksioneer. Dit hou jou senuwees en spiere soepel, versterk jou bene en laat jou bloed goed sirkuleer.

 

Send this to a friend