WAT IS JOU GEBOORTENOMMER EN WAT SÊ DIT VAN JOU?

Doen gou hierdie maklike som en kyk of jy onder meer die siel van die partytjie, die vredemaker of die romantikus is …

 

DEUR: Zerelda Esterhuizen
 geboortenommer

Of jy nou dink dis twak of nie, dit is baie interessant om te sien wat jou geboortenommer van jou persoonlikheid sê. Kyk of jy saamstem!

Jy moet eers ‘n som doen. Kry gou ‘n stukkie papier en pen. Tel die syfers in jou geboortedatum bymekaar totdat daar net een syfer is.

Kyk na dié voorbeeld:

Maart 20 1950

3 + 20 + 1950 = 1973 = 1 + 9 + 7 + 3 = 20 = 2 + 0 = 2

In hierdie geval, is dit die syfer 2 en dus die vredemaker.

1 Die uitvinder

2 Die vredemaker

3 Die siel van die partytjie

4 Die konserwatiewe een

5 Die andersdenkende

6 Die romantikus

7 Die intellektueel

8 Groot kokkedoor

9 Die kunstenaar

Die uitvinder

1’s is oorspronklike mense. Hulle hou daarvan om met nuwe idees vorendag te kom en die uitvoering daarvan kom vir hulle natuurlik. Hulle hou daarvan om hul sin te kry en hulle kan as koppig en arrogant voorkom. Hulle is baie eerlik en hulle kan by ‘n bietjie diplomasie baat vind. Hierdie mense hou daarvan om inisiatief te neem en is dikwels die werkgewers of leiers aangesien hulle die beste wil wees.

Lesse om te leer: Ander mense se idees kan net so goed of selfs beter as joune wees.

Bekende 1’s: Tom Hanks, Robert Redford, Hulk Hogan, Carol Burnett, Wynona Judd, Nancy Reagan, Raquel Welch

2 Die vredemaker

2’s is gebore diplomate. Hulle is baie bewus van ander mense se behoeftes en dink dikwels eerste aan ander as aan hulself. Hulle is van nature analities en intuïtief en hou nie daarvan om alleen te wees nie. Vriendskap en kameraadskap is vir hulle baie belangrik, maar hulle sal eerder alleen wees as in ‘n ongemaklike verhouding.

Lesse om te leer: Hulle is van nature skaam en moet leer om hul selfbeeld ‘n hupstoot te gee en hulself vrylik uit te druk. Hulle moet ook leer om die oomblik aan te gryp en nie uit te stel nie.

Bekende 2’s: Bill Clinton, Madonna, Whoopi Goldberg, Thomas Edison, Mozart

3 Die siel van die partytjie

3’s is idealiste. Hulle is baie kreatief, sosiaal, sjarmant, romanties en gemaklik. Hulle begin met baie projekte, maar sien dit nie altyd deur nie. Hulle wil graag ander mense gelukkig sien en sal baie doen vir ander mense. Hulle is baie gewild en idealisties.

Lesse om te leer: Hulle moet leer om die wêreld meer realisties te sien.

Bekende 3’s: Ann Landers, Bill Cosby, Melanie Griffith, Salvador Dali, Jodi Foster

4 Die konserwatiewe

4’s is tradisioneel en verstandig. Hulle hou van orde en roetine. Hulle tree slegs op as hulle ten volle begryp wat van hulle verwag word. Hulle is harde werkers, geniet die buitelug en voel ‘n sterk verbintenis met die natuur. Hulle is bereid om te wag, hulle volhard en kan koppig wees.

Lesse om te leer: Hulle moet leer om meer buigsaam te wees en om gaaf met hulself te wees.

Bekende 4’s: Neil Diamond, Margaret Thatcher, Arnold Schwarzenegger, Tina Turner, Paul Hogan, Oprah Winfrey

5 Die andersdenkende

5’s is ontdekkers. Hulle is van nature nuuskierig, neem graag risiko’s en is baie entoesiasties. Al die kenmerke kan daartoe lei dat hulle soms in die sop beland. Hulle kort diversiteit in hul lewe en hou nie daarvan om te lank op een plek te wees nie. Hulle sien elke situasie as ‘n leerkurwe en hulle hou nie op met vrae vra nie.

Lesse om te leer: Hulle moet mooi dink voordat hulle optree en seker maak hulle het al die feite voor hulle tot gevolgtrekkings kom.

Bekende 5’s: Charlotte Bronte, Jessica Walter, Vincent Van Gogh, Bette Midler, Helen Keller, Mark Hamil.

6 Die romantikus

6’s is idealisties en moet bruikbaar voel om gelukkig te wees. Sterk familiebande is baie belangrik vir hulle. Hul dade beïnvloed hul besluite. Hulle het ‘n sterk behoefte om na ander op te sien en ander te help. Hulle is baie lojaal en maak wonderlike onderwysers. Hulle hou van kuns of musiek en maak lojale vriende wat vriendskap ernstig opneem.

Lesse om te leer: Hulle moet leer om te onderskei tussen wat hulle kan verander en nie kan verander nie.

Bekende 6’s: Albert Einstein, Jane Seymour, John Denver, Meryl Streep, Christopher Columbus, Goldie Hawn

7 Die intellektueel

7’s is die soekers. Hulle soek altyd na versteekte inligting en aanvaar dinge nie maklik nie. Hulle word nie maklik deur emosies beweeg nie. Hulle kom filosofies voor en as mense met baie kennis, maar hou daarvan om soms op hul eie te wees. Hulle is tegnies georiënteerd en kan baie goeie navorsers wees.

Lesse om te leer: Aangesien hulle in hul eie wêreld leef, moet hulle leer wat aanvaarbaar is en wat nie is nie.

Bekende 7’s: William Shakespeare, Lucille Ball, Michael Jackson, Joan Baez, Princess Diana

8 Die groot kokkedoor

8’s is probleemoplossers. Hulle is professioneel, reguit en op die man af, het goeie oordeel en kan goeie besluite maak. Hulle het groot planne en hou van die goeie lewe. Hulle neem beheer van mense en kyk met ‘n objektiewe oog na ander mense. Hulle laat jou duidelik verstaan dat hulle die baas is.

Lesse om te leer: Hulle moet leer hoe om hul besluite op hul eie behoeftes te skoei in plaas van wat ander mense soek of verwag.

Bekende 8’s : Edgar Cayce, Barbra Streisand, George Harrison, Jane Fonda, Pablo Picasso, Aretha Franklin

9 Die kunstenaar

9’s is natuurlike vermaaksterre. Hulle is omgeemense en vrygewig en sal hul laaste rand weggee. Hulle het hope sjarme en sukkel glad nie om vriende te maak nie. Hulle het egter so baie persoonlikhede dat mense dit soms moeilik vind om hulle te verstaan. Hulle is soos verkleurmannetjies. Hul geluk kan baie wissel – net soos hul buie!

Lesse om te leer: Hulle moet leer hoe om ‘n liefdevolle grondslag te bou as hulle suksesvol wil wees.

Bekende 9’s: Albert Schweitzer, Shirley McLaine, Harrison Ford, Jimmy Carter, Elvis Presley

BRON: http://www.personalityquiz.net

Send this to a friend