Wenke om ’n narsis te hanteer | Vrouekeur

Wenke om ’n narsis te hanteer

wenke_om_narsis_hanteer

Kom lees in dié week se Vrouekeur oor die “godkompleks” oftewel narsisme. Hier is ’n paar wenke om so iemand te hanteer.

Anne Marais

Suzette Vlok Weideman, kliniese sielkundige, gee die volgende raad:

-Wees bewus van die uitdagings wat so ’n persoon beleef en watter impak dit op sy of haar leefwêreld het.

-Stel duidelike grense

-Kommunikeer openlik oor die invloed wat die gedrag op jou het.

– Onderskei tussen die persoon se optrede en jou eie belewenis. Vra jouself af of die persoon se optrede iets van jou of hom of haar sê.

– Aanvaar die persoon as mens, al keur jy sy of haar gedrag nie goed nie.

Liesl Vogt, kliniese sielkundige, gee die volgende wenke:

– Moenie die gedrag van ’n narsis persoonlik opneem nie.

-Vergeet van jou eie ego.

– Hanteer so ´n persoon sagkens en wees bewus van die feit dat hulle onseker van hulself is.

-Wees versigtig om nie dinge te doen wat hul onsekerheid sneller nie, dit kan onnodige konflik veroorsaak.

– As die persoon totaal onmoontlik is om mee oor die weg te kom, onttrek van die verhouding en beëindig dit.

Kontakte

Suzette Vlok Weideman: [email protected]

Liesl Vogt: [email protected] bryanwood.co.za

Send this to a friend