WoordTROfees 2017 se wenners bekend

Woord_Trofees1 (2)

Al die wenners wat teenwoordig kon wys by die prysuitdeling van die WoordTROfees 2017.

Die wenners van vanjaar se US WoordTROfees wat in Maart op Stellenbosch gehou is, is onlangs by ’n funksie by Landtscap-wynlandgoed bekend gemaak

Deur: Maryke Roberts

Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

Die belangrike rol wat boeke by die US Woordfees speel, is weer uitgelig. Buiten die pryse vir die beste verkopers in die afdelings vir fiksie, poësie en leefstyl, is daar vanjaar ook ‘n toekenning ingestel vir die nie-fiksie boek met die hoogste verkope tydens die fees.

Die vier boeke, en hul skrywers, wat pryse ontvang het, is:

Fiksie: Misverstand, Marita van der Vyver (Penguin Random House Uitgewers)

Nie-fiksie: Die Burger 100, Bun Booyens en Aldi Schoeman (Jonathan Ball Uitgewers)

Leefstyl: Elders, die Camino, Erns Grundling (NB Uitgewers)

Poësie: Sulamiet, Lina Spies (Naledi Uitgewers)

’n Spesiale toekenning, Die Verbondenheidsprys, is gegee aan Simon Witbooi, of te wel Hemelbesem, vir die werk wat hy saam met die WOW-projek doen en ook die wyse waarop hy tydens die fees debat ontlok het met sy baie gewilde boek, God praat Afrikaans (Lapa Uitgewers).

Die Verbondenheidsprys sal voortaan gegee word aan iemand wat tydens die Woordfees presteer maar ook in die WOW-omgewing ‘n verskil maak. Dit gee erkenning aan kunstenaars wat ook hul verpligting teenoor die groter gemeenskap nakom en daardeur ander inspireer.

Die ander toekennings van die aand was:

Toneel: Beste speler, Tinarie van Wyk Loots (Wild)

Toneel: Beste byspeler, Cintaine Schutte (Drif)

Toneel: Beste regisseur, Christiaan Olwagen (Die Huis van Bernarda Alba)

Toneel: Beste teaterstuk, Wild

Beste nuwelinge: Begin, Die Geselskap van Kommapunt

Kontemporêre musiek: Beste musiekgedrewe produksie, Ballades

Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar, Loki Rothman (Loki Rothman)

Kontemporêre musiek: Beste groep, Bombshelter Beast

Klassieke musiek: Vokaal, Janelle Visagie & José Dias (Pioniers)

Klassieke musiek: Instrumentaal, Tim Kliphuis Trio (Reflecting the Seasons & Jazz Trio)

Visuele Kunste: Beste aanbieding Henk Serfontein (Winterslaap)

Woordkuns, Landskap

Beste Tegniese Prestasie, Wolf Britz en Danielle Louw

  • Die volgende US Woordfees word van 2-11 Maart 2018 op Stellenbosch aangebied.
Woord_Trofees2 (2)

Leefstyl: Elders, die Camino, Erns Grundling (NB Uitgewers) is vereer vir sy boekverkope.

 

Woord_Trofees3 (2)

Simon Witbooi, oftewel Hemelbesem en Anna Davel.

 

Woord_Trofees4 (2)

Regisseur Philip Rademeyer (Wild) en akteur Wilhelm van der Walt met die skemerkelkie na afloop van die funksie.

 

Woord_Trofees5 (2)

Musiek deur LokiRothman en Hiram Koopman by die funksie. Loki het die trofee ontvang vir Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar.

 

Send this to a friend