Beesstert-en-rooiwyn-potjie

4 tot 6 mense

Bestanddele

bietjie olie
1,2 kg beesstert
2 uie, gekap
375 ml (1½ k) beesvleisaftreksel
250 ml (1 k) rooiwyn
45 ml (3 e) tamatiepasta
3 heel naeltjies
1 lourierblaar
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
12 klein uitjies, geskil
4 selderystingels, grof gekap

Metode

1. Verhit olie en braai beesstert bietjies-bietjies tot bruin en gaar. Skep uit en hou eenkant tot benodig.
2. Verhit nog olie indien nodig en soteer uie tot gaar.
3. Skep vleis terug in kastrol en voeg aftreksel, rooiwyn, tamatiepasta, naeltjies, lourierblaar en kruie by.
4. Plaas deksel op en laat kook oor matige hitte vir 2-3 uur.
5. Verwyder groter bene as dit los van vleis is.
6. Voeg uitjies en seldery by. Laat nog so 25 min. prut. Verwyder lourierblaar.

 

Send this to a friend