Suurroom-en-karamel-koek

suurroom_karamel_koek

1 ringkoek

Bestanddele

KOEK
375 ml (1½ k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) koeksoda
knypie sout
100 g (1/5 blok) sagte botter
187 ml (¾ k) strooisuiker
2 eiers
5 ml (1 t) vanielje
187 ml ( ¾ k) suurroom
410 g (1 blik) pere, gedreineer en fyn gekap

NEUTLAAG
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap

KARAMELSOUS
125 ml (½ k) ingedampte melk
30 ml (2 e) brandewyn
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker

Metode

Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout.
2. Room botter en strooisuiker tot liggeel. Klits eiers en vanielje by.
3. Roer suurroom en pere by bottermengsel.
4. Meng meelmengsel by bottermengsel tot beslag vorm.
5. Neutlaag: Meng bestanddele vir neutlaag.
6. Skep helfte van beslag in gesmeerde ringkoekpan met 24 cm-deursnee.
7. Sprinkel neutmengsel bo-op.
8. Skep oorblywende beslag bo-op en bak vir 40 tot 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
9. Laat koek effens in koekpan afkoel. Keer op afkoelrakkie uit.
10. Karamelsous: Verhit bestanddele vir sous in kastrol. Roer tot suiker opgelos is.
11. Kook vir 5 min. en gooi bo-oor koek sodra dit uitgekeer is.

Send this to a friend