Bief Wellington | Vrouekeur

Bief Wellington

Het jy al ooit probeer om ‘n Bief Wellington te maak? Dis glad nie moeilik nie!

4–6 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gerasper
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 25 g (½ pakkie) knopiesampioene, fyngekap
2 00 g (½ pakkie) bruinsampioene, fyngekap
30 ml (2 e) fyngekapte pietersielie
80 ml (1/3 k) room
sout en peper
600 g heel beesfilet
100 g (½ rol) skilferkorsdeeg

Maak ook hierdie geroosterde biefstuk

Metode

Stel oond op 200 °C.

  1. Braai ui en knoffel tot sag. Voeg sampioene en pietersielie by en braai verder. Voeg room by en kook tot dik. Geur met sout en peper.
  2. Geur beesfilet met sout en peper en braai aan albei kante vir omtrent 15 minute. Laat rus tot geen vleissappe uitloop nie.
  3. Smeer sampioenmengsel op skilferkorsdeeg. Plaas beesfilet in middel van deeg en rol op.
  4. Plaas op bakplaat en bak vir 20–30 minute of tot deeg gaar is.
  5. Sny in skywe en bedien dadelik.

Wenk

Tradisioneel word bief Wellington met hoenderlewerpatee gesmeer, dan ’n sampioenmengsel en laastens met pannekoeke toegevou voor die skilferkorsdeeg oorgevou word. Die pannekoeke verseker dat die deeg nie pap word as dit klaar gebak is nie.

Send this to a friend