Biltongbrood

Braai is sinoniem met Suid-Afrika. Probeer hierdie maklike broodjie met ons ander gunstelingbestanddeel – biltong!

1 brood

Bestanddele

1 pak witbrooddeeg
1 wiel fetakaas
60 ml (¼ k) fyn biltong
4 pikantrissies
1 klein pakkie aartappelskyfies

LEES OOK: Die perfekte braaibroodjie

Metode

Verhit oond tot 180°C en smeer broodpan.

  1. Druk deeg plat in reghoek so wyd soos pan.
  2. Krummel fetakaas oor deeg en sprinkel biltong oor.
  3. Kap pikantrissies fyn en sprinkel bo-oor.
  4. Krummel aartappelskyfies bo-oor.
  5. Rol deeg in lengte op en knyp kante vas.
  6. Plaas rol in broodpan en laat rys tot dubbel die grootte.
  7. Bak vir 45 minute tot goudbruin en gaar.
  8. Keer uit op draadrak en laat effens afkoel.
  9. Bedien met botter.

Wenk

Probeer ander geurkombinasies soos groenvy en bloukaas

Send this to a friend