Bierbruintjies

n Maklike resep wat enigeen soos ’n gesoute bakker laat lyk. Ryk en lekker

Deur MARELI VISSER

Bestanddele

24 porsies 410 ml (12/3 k) koekmeel
125 ml (½ k) kakao
5 ml (1 t) sout
1 60 g (2 plakke) Albanysjokolade, fyngekap
8 groot eiers
20 ml (4 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) sagte bruinsuiker
500 ml (2 k) bruinsuiker
1 60 g (2 plakke) Albanysjokolade, fyngekap
250 g botter
250 ml (1 k) stout

LEES OOK: Biltongbrood

Metode

Verhit oond tot 180 °C en voer oondpan van 28 cm x 40 cm met foelie uit.

  1. Sif meel, kakao en sout saam en meng met sjokolade.
  2. Klits eiers, vanielje en bruinsuiker tot dik.
  3. Smelt ander sjokolade.
  4. Smelt botter en meng met gesmelte sjokolade en bier.
  5. Meng sjokolademengsel by eiermengsel.
  6. Vou meelmengsel in.
  7. Smeer foelie met botter en gooi mengsel in.
  8. Bak vir 40 minute.
  9. Laat afkoel en sny in blokke.

Wenk

Smelt die sjokolade in die mikrogolf op lae hitte en roer dit gereeld

Send this to a friend