Blini-happies

Blini’s is soos klein plaatkoekies, maar word met gis gemaak. Jy kan kies wat jy bo-op wil bedien.

Deur MARELI VISSER

Maak 36

Bestanddele

250 ml (1 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) droë gis
2 eiers
160 ml (2/3 k) louwarm melk
suurroom
gerookte salm
kaviaar

Metode

  1. Meng meel, sout en gis in mengbak.
  2. Klits eiers en meng met melk.
  3. Voeg melkmengsel by droë bestanddele en meng tot gladde deeg.
  4. Bedek met plastiek en laat vir 30 minute rys.
  5. Skep teelepels vol in swaarboompan en bak op matige hitte aan weerskante.
  6. Haal uit pan en plaas op kombuispapier. Herhaal proses tot deeg op is.
  7. Bedien met ’n teelepel suurroom, gerookte salm en kaviaar.

Wenk

Bak die blini’s al die vorige dag en bêre dit in die yskas tot benodig

Send this to a friend