
Maak lekker gebakte bottertongvis met groente
4 porsies
Bestanddele
2 heel tongvisse, vel, kop en vinne af
olie
1 rooi ui, in ringetjies gesny
4 knoffelhuisies
300 g (1 pakkie) worteltjies
170 g (1 pakkie) aspersies
60 ml (¼ k) botter
5 ml (1 t) knoffelsout
30 ml (2 e) kappertjiesade
100 g (1 pakkie) groen olywe
varsgemaalde swartpeper
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Pak vis en groente op gesmeerde bakplaat.
- Sit oral stukkies botter en sprinkel met knoffelsout.
- Bak vir 25 minute of tot wit sappe uit vis kom.
- Gooi kappertjiesade, olywe en peper oor.