Gebraaide sampioene

Gebraaide sampioene is ‘n heerlike happie om te maak. Bederf jou mense en maak dit vandag nog!

4 porsies

Bestanddele

500 g (2 x 250 g-pakkies) sampioene
Deeg
250 ml (1 k) koekmeel
125 ml (½ k) mielieblom
3 ml bakpoeier
1 ml sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) water
5 00 ml (2 k) gekoopte fyn, droë broodkrummels
750 ml (1 bottel) olie
Sous
250 ml (1 k) mayonnaise
60 ml (4 e) natuurlike jogurt
5 ml (1 t) suurlemoensap
½ ui, fyngekap
1 agurkie, fyngekap
swartpeper na smaak
15 ml (1 e) vars pietersielie, fyngekap

LEES OOK: Spek-sampioen-en-blomkool-pasta

 Metode

  1. Vee sampioene met vadoek skoon.
  2. Deeg Meng koekmeel, mielieblom, bakpoeier, sout en peper in mengbak.
  3. Roer water stadig by tot gladde deeg vorm.
  4. Gooi droë broodkrummels in ander vlak bakkie.
  5. Verhit genoeg olie in klein, dieperige kastrol.
  6. Steek sosatiestokkie in sampioen se steeltjie, doop dit in deeg en dan in broodkrummels.
  7. Braai sampioene tot goudbruin.
  8. Plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
  9. Hou warm in oond tot alles klaar gebraai is.
  10.  Sous Meng bestanddele. Maak dit voor die tyd en hou in yskas tot benodig.
  11. Sit warm saam met sous voor.

Send this to a friend