Karringmelkvetkoek

Karringmelkvetkoek is ’n lekker variasie van gewone vetkoek

Bestanddele

6 tot 8 porsies

500 g (4 k) koekmeel
500 ml (2 k) karringmelk
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) kremetart
7,5 ml (1½ t) sout
15 ml (1 e) strooisuiker
45 ml (3 e) sagte botter
750 ml (1 bottel) olie vir diepvetbraai

Metode

  1. Sif meel in mengbak.
  2. Meng karringmelk, koeksoda, kremetart, sout en suiker en giet by meel. Roer tot goed gemeng. Voeg bietjie koekmeel by as deeg aan hande vasklou.
  3. Werk sagte botter met hande by deeg in. Knie vir vier minute tot hanteerbare deeg.
  4. Bedek mengbak met kleefplastiek. Plaas op warm plek en laat rys vir een uur.
  5. Breek deeg in stukkies en braai in warm olie tot goudbruin en gaar.
  6. Sit voor soos verkies.

Send this to a friend