Koeskoesslaai

’n Maklike resep vir ’n heerlike koeskoesslaai

4 tot 6 porsies

Bestanddele

genoeg olyfolie

5 00 g (1 pak) botterskorsie, in blokkies gesny

sout en peper na smaak

2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny

2 rooi uie, in wiggies gesny

KOESKOES

500 ml (2 k) kookwater

10 ml (2 t) groente-aftrekselpoeier

1 0 ml (2 t) gedroogde gemengde

kruie

15 ml (1 e) olyfolie

500 ml (2 k) koeskoes

100g (1 pakkie) pekanneute, liggies gerooster

LEES OOK: Maak cowboykos

Metode

Stel oond op 180 oC.

  1. Sprinkel bietjie olyfolie bo-oor botterkorsie en bak vir 25 minute of tot sag. Haal uit oond en sprinkel bietjie sout en peper oor.
  2. Verhit bietjie olyfolie en braai spek tot amper gaar. Voeg rooi uie by en soteer tot ui sag is. Verwyder van hitte en meng by botterskorsie.
  3. Koeskoes Plaas kookwater, aftrekselpoeier, gemengde kruie en olyfolie in mengbak. Roer tot goed opgelos. Roer koeskoes by en plaas deksel of bord bo-op vir ongeveer 10 minute tot uitgeswel.
  4. Roer koeskoes met vurk tot dit los van mekaar is.
  5. Roer pekanneute deur koeskoes. Roer botterskorsiemengsel liggies by koeskoes.

WENK

Jy kan die slaai tot drie dae in die yskas hou

 

Send this to a friend