Aartappelslaai met bloukaassous

aartappelslaai_met_bloukaassous

Wyk ’n bietjie af van die gewone aartappelslaai en maak dit met ’n bloukaassous

8 porsies

8 groot aartappels

4 ekstragroot eiers, gekook en in

skywe gesny

6 grasuie, gekap

15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap

SLAAISOUS

50 g (½ pakkie) bloukaas, gekrummel

175 ml (1 klein bakkie) gewone jogurt

125 ml (1½ k) mayonnaise

sout en peper na smaak

LEES OOK: Maak spek-en-suurroom-aartappels

  1. Kook aartappels in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is tot dit net met mespunt kan deursteek.
  2. Dreineer, laat afkoel, trek skille af en sny in blokke.
  3. Meng aartappels, eiers, grasuie en pietersielie liggies bymekaar.
  4. Slaaisous Meng bestanddele vir slaaisous en roer by aartappels tot net gemeng.
  5. Sit teen kamertemperatuur of koud voor.

 

Send this to a friend