Koringslaai | Vrouekeur

Koringslaai

Wanneer laas het jy ’n koringslaai vir jou mense gemaak? Probeer gerus dié lekker resep!

8 porsies

500 ml (2 k) rou stampkoring
bietjie olie
2 uie, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
2 50 g (1 pakkie) sampioene, gehalveer
handvol vars pietersielie, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
410 g (1 blik) pitmielies, gedreineer
SOUS
125 ml (½ k) soetrissiesous
60 ml (4 e) avokado-olie
30 ml (2 e) suiker
60 ml (4 e) witwynasyn

Metode

  1. Kook stampkoring in borrelende soutwater tot sag, ongeveer 20 minute. Dreineer en spoel goed onder lopende water af.
  2. Verhit bietjie olie en soteer uie en seldery vir vyf minute. Skep uiemengsel by gekookte stampkoring en roer deur.
  3. Voeg nog bietjie olie by indien nodig en voeg sampioene by. Soteer vir ongeveer vier minute. Sampioene hoef nie sag te wees nie.
  4. Voeg pietersielie by en soteer net vinnig. Skep sampioen- en- pietersieliemengsel by stampkoring.
  5. Voeg soetrissies en pitmielies daarby.
  6. Sous Meng bestanddele vir sous en roer deur stampkoring.

Send this to a friend