Lensiesop

Hierdie lensiesop is perfek vir die winter! Probeer gerus ons resep

Deur SUZANNE CROZIER

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
3 middelslagwortels, grofgerasper
2 selderystokkies, fyngekap
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
2,5 ml (½ t) paprika
knypie rooipeper
1 lourierblaar
500 ml (2 k) bruin lensies, afgespoel
420 g (1 blik) gekapte tamaties
1,5 l (6 k) groente-aftreksel
skil van 1 suurlemoen
10 ml (2 t) suurlemoensap

Metode

  1. Verhit olie en braai ui, knoffel en gemmer tot sag.
  2. Gooi wortels, seldery, geurmiddels en lensies by ui. Braai tot geure vrygestel word.
  3. Roer tamaties en aftreksel by en laat prut tot lensies en groente sag is.
  4. Gooi suurlemoensap en -skil by en bedien in warm bakkies.

Wenke

  • Spoel lensies goed af en kyk mooi dat daar nie klein klippies in is nie
  • Jy kan ook die lensies met graan-sopmengsel vervang
  • Gooi sout laaste bly, anders gaan jou lensies nie sag word nie

Send this to a friend