
Die Franse is nie verkeerd om die omelet as een van hul gunstelingdisse te beskou nie
Assistent Jasmyn van Heerden 
Foto’s ANDREA CALDWELL  
Omelet met gerookte hoender, avokado en kaas
4 porsies
Bestanddele
160 g gerookte hoender, gevlok 
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper 
60 ml mayonnaise 
knypie suurlemoenpeper 
knypie sout 
4–6 pikantrissies, opgekap 
paar druppels van pikantrissiesous 
2 avokado’s, in skyfies gesny 
handvol vars basiliekruidblare vir bo-op 
Metode
1 Meng hoender met 125 ml van kaas en mayonnaise. 
2 Roer geurmiddels by. 
3 Skep hoendermengsel in omelet. Sprinkel nog kaas bo-oor en rooster onder oondelement. 
4 Bedien met avokado, brood en basiliekruidblare.  

Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.

