Oop salmpastei

Bederf jou mense met hierdie lekker oop salmpastei

4 porsies

Bestanddele

1 ui, gebraai
5 ml (1 t) fyn knoffel
150 g jong spinasie
125 ml (½ k) room
sout en peper
knypie neutmuskaat
400 g skilferkorsdeeg
200 g salm-steaks
80 ml parmesaankaas, gerasper

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Braai ui en knoffel in bietjie olie tot sag.
  2. Gooi spinasie by en sit deksel op sodat dit kan sag stoom.
  3. Gooi room, sout, peper en neutmuskaat by spinasie en laat kook vir een minuut.
  4. Rol deeg uit en sit op gesmeerde bakplaat. Skep spinasiemengsel bo-op deeg.
  5. Sny salm in 3 cm-blokke en pak bo-op spinasie.
  6. Bak vir 20–30 minute of tot deeg gaar is.
  7. Sit met kaas en wiggie suurlemoen voor.

Send this to a friend