Patatrol

Yutamé Venter hou van kosmaak, maar sy hou van maklike en min-moeite-disse wat smaaklik is en wat sy uit haar kop kan maak. Sy deel haar resep vir ’n patatrol met Vrouekeur

Bestanddele

6 tot 8 porsies

Patats
750 ml (3 k) water
2,5 ml (½ t) sout
2 groot patats, geskil en in klein blokke gesny
60 ml (4 e) suiker
ekstra botter
150 ml (½ k + 5 t) geelsuiker
LEES OOK: Glutenvrye koek
250 ml (1 k) room
Deeg
750 ml (3 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
250 g (½ blok) botter
2 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) volroommelk

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Patats Verhit water en sout in kastrol tot kookpunt. Kook patats in water tot sag. Dreineer.
  2. Druk patats fyn met aartappeldrukker. Laat afkoel.
  3. Jy benodig 500 ml (2 k) fyn afgekoelde patats.
  4. Deeg Sif koekmeel en bakpoeier saam. Vryf botter by meelmengsel in totdat dit soos broodkrummels lyk.
  5. Klits eiers en melk saam. Roer by gesifte meelmengsel tot deeg vorm.
  6. Sit deeg in plastieksakkie en dan in yskas vir 30 minute.
  7. Rol deeg 4 mm dik op meelbestrooide oppervlak in reghoek van ongeveer 30 cm x 40 cm uit.
  8. LEES OOK: Patat- en-roket-slaai
  9. Smeer patats oor uitgerolde deeg. Moenie tot heeltemal op kante van uitgerolde deeg smeer nie.
  10. Rol deeg op soos rolkoek en sny in 2,5 cm-skywe.
  11. Spuit oondbak van 22 cm x 32 cm met kossproei en sprinkel 60 ml (4 e) suiker op bodem van oondbak.
  12. Stip oondbak ook met klontjies botter.
  13. Pak gesnyde skywe in oondbak.
  14. Verhit geelsuiker en room saam in kastrol en bring tot kookpunt. Roer van tyd tot tyd en pasop vir aanbrand.
  15. Giet sous oor patatskywe en bak vir 40 minute tot ligbruin bo-op.

Send this to a friend