Pepermentpoeding met net 4 bestanddele

Sluit ’n ete met die vars en verfrissende smaak van ’n pepermentpoeding af

Deur MARLO KTISHOFF-CARSTENS

Bestanddele

6 porsies
200 g (1 pakkie) Tennis Chocmintkoekies
VULSEL
250 ml (1 bottel) Orley Whip-room
360 g (1 blik) karamelkondensmelk
98 g (2 x 49 g-stafies) Peppermint Crisp-sjokolade

Metode

  1. Druk koekies redelik fyn. Verdeel 1/3 van gebreekte koekies tussen ses glase. Jy kan 12 kleiner bakkies ook gebruik.
  2. Vulsel Klits room met elektriese klitser tot styf.
  3. Roer karamelkondensmelk tot glad. Meng by styfgeklitste Orley Whip.
  4. LEES OOK: Beloofde resep vir mini-kaaskoekies
  5. Rasper 1½ pepermentsjokolade op growwe kant van rasper oor roommengsel.
  6. Verdeel tussen ses glase, sodat jy genoeg vir elke laag het.
  7. Wissel pepermentlagies met lagies koekiekrummels af. Eindig met ’n lagie koekiekrummels.
  8. Kap oorblywende sjokolade grof en sprinkel bo-op elke klaar poeding.
  9. Poedings kan al ses uur voor die tyd gemaak en in yskas gebêre word.

Send this to a friend