Portugese melktertjies

Hierdie heerlike Portugese melkterthappies kry jy oral in die wêreld waar daar voorheen Portugese kolonies was en is ook bekend as pastéis de nata

24 tertjies

Bestanddele

1 pak skilferkorsdeeg
15 ml (1 e) botter, gesmelt
10 eiergele
10 ml (2 t) koekmeel
15 ml (1 e) melk
500 ml (2 k) room
150 ml (135 g) suiker

Metode

Verhit oond tot 250 °C en smeer kolwyntjiepan met botter.

  1. Rol vel skilferkorsdeeg oop en smeer met gesmelte botter. Rol dan deeg in lengte op en verkil in vrieskas om te stol.
  2. Haal skilferkorsdeeg uit vrieskas en sny in 1 cm-wiele. Rol wiel plat met koekroller en vorm in kolwyntjiepan. Verkil in vrieskas tot vla reg is.
  3. Klits eiergele.
  4. Meng meel met melk en voeg by eiergele.
  5. Klits room en suiker by mengsel.
  6. Verhit mengsel oor matige hitte tot kookpunt en verwyder van stoof.
  7. Gooi vla in beker en laat effens afkoel.
  8. Gooi skilferkorsdoppies 2/3 vol met vla en plaas in oond.
  9. Bak vir 15–20 minute tot goudbruin en gaar met donker vlekke.
  10. Bedien warm.

Send this to a friend