Sampioenpasta

Maak hierdie maklike sampioenpasta vir vleislose Maandag!

4 porsies

Bestanddele

500 g (1 pak) volgraanpennepasta
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) olie
Sampioensous
bietjie olie
2 preie, in skyfies gesny
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 00 g (2 x 250 g-pakkies)
sampioene, in skyfies gesny
sout en peper na smaak
10 ml (2 t) koekmeel
250 ml (1 k) room
gerasperde parmesaankaas, gerasper (opsioneel)

LEES OOK: Spek-sampioen-en-blomkool-pasta

Metode

  1. Verhit water in kastrol tot kookpunt. Roer sout en olie by.
  2. Voeg pasta by en kook tot al dente, ongeveer 10 minute. Dreineer en roer ekstra olie deur. Bedek en hou eenkant.
  3. Sampioensous Verhit olie en soteer preie en knoffel tot sag. Voeg sampioene by en soteer tot sag. Roer sout, peper en koekmeel by.
  4. Voeg room by en prut tot dik oor matige hitte.
  5. Skep sampioensous oor pasta.
  6. Sit saam met parmesaan voor indien verkies.

Send this to a friend