Sampioenslaai

Sampioene is beslis die nuwe superkos. Probeer die lekker sampioenslaai

4 porsies

Bestanddele

Rys
bietjie olie
1 rooi ui, in fyn wiggies gesny
125 ml (½ k) bosbessies
handvol vars pietersielie, gekap
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
handvol amandelvlokkies
2 grasuie, gekap
500 ml (2 k) gaar wilderys
Sampioene
klont botter
5 00 g (2x 250 g-pakkies) sampioene, gehalveer
sout en peper na smaak

LEES OOK: SPEK-EN-SAMPIOENRISOTTO

Metode

  1. Rys Verhit olie en soteer ui tot amper sag. Voeg bosbessies, pietersielie, neute en amandels by. Roerbraai bietjie. Verwyder van hitte.
  2. Roer grasuie en wilderys by bosbessiemengsel. Hou rys warm.
  3. Sampioene Smelt botter en soteer sampioene tot gaar. Geur na smaak met sout en peper.
  4. Sit warm sampioene saam met warm rys voor.

Send this to a friend