Spek- en- sampioensop

spek_en_sampioensop

Sop vir die koue

BESTANDDELE
• 6 porsies

bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
500 g (2 x 250 g pakkies) sampioene, in skyfies gesny
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
1 lourierblaar
4 grasuie, gekap

WITSOUS
60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
625 ml (2 ½ k) volroommelk
knypie sout en rooipeper

DEKSELTJIES
800 g (2 x 400 g rolle) skilferkorsdeeg
1 eier
bietjie melk

METODE
• Stel oond op 200 °C.
1 Verhit olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is. Voeg spek by en braai tot gaar.
2 Voeg sampioene by en braai tot sag. Voeg hoenderaftreksel en lourierblaar by.
3 Prut vir 20 minute oor matige hitte. Verwyder lourierblaar. Gooi grasuie by.

4 WITSOUS
Smelt botter en roer koekmeel by tot bal vorm. Voeg melk geleidelik by terwyl geroer word sodat gladde witsous vorm. Prut tot sous begin verdik. Roer sout en rooipeper by. Verwyder van hitte en roer by sampioenmengsel. Prut nog vyf minute oor lae hitte.
5 Verdeel sop tussen groot sopbekers/bakkies wat in oond kan bak. Moenie te vol maak nie.

6 DEKSELTJIES
Sny skilferkorsdeeg groter as sopbekers/bakkies se bokante en plak met bietjie water op kante vas.
7 Klits eier en melk en verf bokant van skilferkorsdeeg.
8 Bak vir 18 minute tot goudbruin bo-op.

 

Send this to a friend