BREI ’n knus kombers

brei_knus_kombers

Begin hierdie kombers in die somer al te brei sodat dit teen herfstyd klaar is

Christa Swanepoel

Met erkenning aan Frankie Brown – besoek www.ravelry.com vir nog patrone

Begin nou al brei aan hierdie besonderse kombers sodat dit teen herfstyd klaar is

MOEILIKHEIDSGRAAD **

Wat het jy nodig?

• 11 balle ELLE PULLSKEIN (100 g) in Very Berry of kleur van jou keuse
• 4 mm-naalde

AFKORTINGS
aw – aweregs
aw2tes – aweregs 2 ste tesame
gl – glip
gl1regs – glip 1 st regsgewys
gs – glipsteek
r – regs
r2tes – regs 2 ste tesame
rVa – regs voor en agter in dieselfde steek
tgso – trek glipsteek oor

BREI-INLIGTING
Die deken word in stroke gebrei en die stroke word aan mekaar gebrei soos jy aangaan.

AANWYSINGS

Foto 1

 

Foto 2

EERSTE STROOK

Met 4 mm-naalde stel 10 ste op.

*1ste ry: rVA, r7, r2tes.

2de ry: r.

Herh 1ste en 2de rye altesaam 10 keer. Dit maak 10 riffies. Ons noem dit “sig”.

Gaan soos volg voort:

1ste ry: r.

2de ry: rVa, r7, r2tes.

Herh 1ste en 2de rye altesaam 10 keer. Nog 10 riffies. Ons noem dit “sag”.*

Dit gee jou ‘n sig-sag-patroon en die eerste punt is nou gevorm.

Herh van * tot * 12 keer of so lank soos jy dit verkies. Eindig laaste “sag”-deel met 18de ry.

Vlg ry: r.

Vlg ry: heg 9 ste af (1 st op naald). Draai werk sodat jy kan terugwerk oor strook.

VOLGENDE STROOK

Stel 9 ste op. 10 ste. (Foto 1)

Jy is nou reg om die volgende strook te brei. Die stroke word aan die einde van die ry geheg deur die laaste st op die naald regsgewys te gl, tel nou st op tussen riffies van vorige strook (Foto 2) en r dit, tgso. Eerste ry aan vorige strook geheg.

Gaan soos volg voort:

**1ste ry: rVa, r8, gl1regs, tel op en r1 in vorige strook, tgso.

2de ry: aw2tes, r9.

Herh 1ste en 2de rye altesaam 10 keer.

Gaan soos volg voort:

1ste ry: r9, gl1regs, tel op en r1 in vorige strook, tgso.

2de ry: aw1, rVa, r6, r2tes.

Herh 1ste en 2de rye altesaam 10 rye.**

Herh van ** tot ** tot einde.

VOLGENDE STROOK

Werk laaste “sag” tot 18de ry.

Vlg ry: r9, gl1regs, tel op en r1, tgso.

Vlg ry: heg 9 ste af, draai werk en stel 9 ste op vir volgende strook.

Gaan so voort vir 40 rye of so lank jy verkies.

WENKE

• Brei elke ry in ‘n ander kleur vir ‘n totaal ander voorkoms.

• Brei korter rye en so lank as wat jy verkies vir ‘n interessante serp.

• Randjie van voltooide deken is nie mooi reguit nie. Blok dit of hekel ‘n kb-randjie rondom om dit netjies af te rond.

Send this to a friend