Tuna-en-soetrissie-rol | Vrouekeur

Tuna-en-soetrissie-rol

Nog nie gedink aan aandete nie? Maak hierdie maklike tuna-en-soetrissie-rol

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
3 40 g (2 x 170 g-blikke) tuna in water, gedreineer
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
3 hardgekookte eiers, grofgekap
30 ml (2 e) mayonnaise
60 ml (4 e) soetrissiesous
sout en peper
4 00 g (1 rol) gekoopte skilferkorsdeeg
VIR BO-OOR
bietjie melk
sesamsaad

Metode

Stel oond op 220 °C.

  1. Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is. Verwyder van hitte.
  2. Roer tuna, kaas, eiers, mayonnaise, soetrissiesous, sout en peper by.
  3. Rol skilferkorsdeeg oop en skep tunamengsel oor. Moenie vulsel tot op kante smeer nie.
  4. Rol skilferkorsdeeg vanaf kort kant soos rolkoek op.
  5. MAAK OOK: Patatrol
  6. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en met kossproei gespuit is.
  7. Sny tunarol in skywe, maar nie heeltemal deur nie.
  8. Vir bo-oor Verf bietjie melk oor tunarol en sprinkel sesamsaad bo-oor.
  9. Bak vir 10 minute by 220 °C. Draai stoof se hitte laer en bak vir 20 minute by 180 °C of tot gaar in middel.
  10. Plaas foelie oor indien bokant te donker bak.

Send this to a friend