
Het jy al ooit probeer om ’n uie-blom te maak?
4 porsies
Bestanddele
1 groot ui 
250 ml (1 k) meel 
2 eiers, geklits 
45 ml (3 e) melk 
375 ml (1½ k) growwe broodkrummels 
sout en peper 
2,5 ml (½ t) fyn komyn 
knypie rooirissievlokkies 
2,5 ml (½ t) paprika 
olie vir diepbraai 
SOUS 
125 ml (½ k) mayonnaise 
60 ml (¼ k) tamatiesous 
30 ml (2 e) brandrissiesous 
Metode
- Sny bo-punt van ui af en trek eerste vel af.
 - Sny ui vertikaal in kwarte, maar nie heeltemal deur nie.
 - Hou aan elke kwart sny totdat jy 16 “blaartjies” het.
 - Doop ui in meel.
 - Meng eiers en melk en doop ui daarin.
 - Meng broodkrummels met speserye en doop ui daarin.
 - Doop ui weer in eiermengsel en dan weer in krummels.
 - Plaas ui versigtig in warm, diep olie.
 - Braai tot goudbruin, haal uit en laat dreineer.
 - Sous Meng alles saam en bedien met ui.
 


