Kurt Darren se bunnychow

 

Kurt Darren ryg die een ná die ander treffer in. Ons almal weet hy kan sing, maar kan hy kook? Hy deel sy resep vir ‘n bunny chow met ons

 

“Daar is mense wat sal sê ek is ’n ywerige kok. As ek byvoorbeeld op ’n Maandag ’n bietjie af is, speel ek en ’n paar vriende ’n potjie poker of snoeker en dan maak ek gewoonlik ’n lekker warm lams-bunny chow. Ek dink as jy hulle vra, sal hulle sê ek is ’n bobaaskok!”

Kurt se bunny chow

6 porsies

bietjie olie

1 kg lamskenkels

2 uie, gekap

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap

5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper

820 g (2 x 410 g-blikke) tamaties,

gekap

50 g (1 blikkie) tamatiepasta

30 ml (2 e) matige kerriepoeier

250 ml (1 k) suiker

1 ml sout

knypie swartpeper

OPDIENING

vars wit rolletjies of witbrood met krakerige kors

  

  1. Verhit olie en braai lamskenkels tot bruinerig. Skep uit.
  2. Soteer ui en knoffel in oorblywende vet tot deurskynend. Voeg oorblywende bestanddele en lamskenkels by.
  3. Plaas deksel op en laat oor lae hitte vir 1 uur prut of tot lamskenkels sag is.
  4. Opdiening Sit warm saam met wit rolletjies of witbrood voor.

 

Send this to a friend