Visbobotie | Vrouekeur

Visbobotie

Hierdie variasie van gewone bobotie is heerlik! Maak dit vir aandete vir jou mense

4–6 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
2,5 cm vars gemmer, fyngekap
10 ml kerriepoeier
2 snye witbrood
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
5 00 g gerookte snoek, in kleiner stukke gevlok
6 0 g (1 blik) gerookte mossels, gedreineer
15 ml (1 e) tamatiepasta
15 ml (1 e) appelkooskonfyt
sout en peper
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
2 eiers
60 ml (¼ k) water

Metode

Stel oond op 180 °C

  1. Verhit olie en soteer ui, knoffel en gemmer oor stadige hitte.
  2. Voeg nog bietjie olie by en draai hitte effe warmer. Voeg kerriepoeier by uiemengsel en braai verder vir een minuut. Week brood in aftreksel.
  3. Braai snoek, mossels, tamatiepasta, konfyt, broodmengsel, sout en peper in kastrol tot meeste vloeistof weg is.
  4. Plaas in diep oondbak. Klits jogurt, eiers en water saam en giet oor vismengsel.
  5. Bak 15–20 minute of tot eier gestol is.

Send this to a friend