6 wenke vir ‘n gesonder, jonger vel (plus hope keur-produkte!)

0

Volg hierdie wenke om jou vel jonk en gesond te hou. En Natasha deel haar keur van fantastiese velredders. Daar’s selfs meer in ons 22 Augustus-uitgawe!

Natasha Van Wyk

Verouder met grasie

Dokter Maureen Allem, stigter van die Skin Renewal Spesialis Estetiese Sentrum, vertel meer oor haar basiese formule om velveroudering te vertraag:

  • Dra elke dag ‘n sonskerm, maak nie saak hoe oud jy is nie. Heliocare produkte is goed.
  • Antioksidante is wonderlik om tekens van veroudering te vertraag. Skin Ceuticals het serums met antioksidante en Lamelle se Nourish reeks is aan te beveel.
  • Kombineer ‘n goeie vitamien A (retinol) produk in jou velsorgroetine wat jy twee of drie keer per week saans gebruik. Die volgende skoonheidsmake het almal briljante retinol produkte: Skin Medica, Skin Ceuticals, Dermaquest en Lamelle.
  • As jy reeds ‘n paar velbekommernisse het, kombineer produkte wat groei-faktore bevat in jou velsorgroetine. Skin Medica en Lamelle het wonderlike groei-faktor bevattende serums.
  • Sorg vir jou vel van binne af . Neem daaglikse aanvullings soos multi-vitamiene, Omega’s, probiotika en vitamien C. Solgar en Metagenics is goeie gehalte produkte.
  • Maandelikse teenveroudering behandelings gee jou vel ‘n groot hupstoot. Dit stimuleer die dieper lae van jou vel wat jou bloedsomloop verbeter en sorg vir nuwe selformasie. Probeer laserterapie of chemiese afskilferings. Skin Renewal het ‘n Mesoglow gesigsbehandeling.

1 Garnier BB Cream Eye Roll-On, R69,95
2 Revlon Even Out Mark Minimising Serum, R120
3 Ponds Gold Radiance Precious Youth Serum, R214,99
4 Eucerin Intensive Hand Cream, R99,95
5 Beaucience Day & Night Moisture Cream Dry Skin, www.beaucience.co.za, R88,99
6 Kryolan DermaColor Camouflage System reeks onderlaag en poeier, www.kryolan.com, R162-R360
7 SKNLogic Clarify with Banana Extract, www.sknlogic.com, R117
8 Dermalex Repair Rosacea & Couperose Skin Cream, www.dermalex.co.za, R250,90
9 L’Orèal Revitalift Magic Blur Instant Skin Smoother Blurring & Anti-Ageing Moisturiser en Finishing Cream, R199,95 elk

Besoek www.skinrenewal.co.za vir meer inligting oor behandelings en produkte

*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys

SOURCES
Andrea Caldwell

Lees ook dié

SKELVISSOP

'n Maklike skelvissop vir 'n vinnige weeksaandete Soek jy meer sop-resepte? Klik hier • 4 porsies Bestanddele 500 g (1 pak) skelvis 750 ml (3 ...