Verlig en beskerm chronies droë vel met SBR Repair en SBR Lipocream

 

Lente en somer is gewilde seisoene, maar die warmer weerstoestande bring  ook ander uitdagings vir ons velle mee. Dit is veral waar vir mense wat met chronies droë en sensitiewe vel sukkel.3

Vir sommige mense beteken droë vel nimmereindigende ongemak van seer, gebarste hande en voete, droë lippe en chroniese veltoestande wat deur veranderinge in die weer vererger word.3 So, hoe hou jy jou vel gesond en beskerm jy dit teen die elemente regdeur die jaar? Wat is die geheim om jou vel deurentyd die mediese aandag te gee wat dit nodig het? Die antwoord kom in 30 g- en 100 g-buisgroottes.2 Adcock Ingram se spesiaal geformuleerde SBR Repair- en SBR Lipocream-produkte is Suid-Afrika se bes bewaarde geheim, wat binnekort “moet-hê”-produkte in elke huis sal wees om die effek van sensitiewe en droë veltoestande teen te werk.1,2

Wat is droë vel en hoe word dit veroorsaak?

Droë vel is ‘n ongemaklike veltoestand gekenmerk deur ‘n skubagtige voorkoms, ‘n gejeuk en gebarste vel en dit kan tot ernstiger veltoestande lei. Ernstige droë veltoestande sluit ekseem en psoriase in.3 Droë vel ontstaan wanneer ons liggame nie in staat is om genoeg natuurlike olies, bekend as lipiede wat die hidrolipied-skans vorm, te produseer nie. Daar is ook verskeie eksterne faktore wat tot ‘n droë vel bydra, insluitend enigiets van droë weerstoestande, hitte, sterk, irriterende sepe en skoonmaakmiddels tot warm storte en lugversorging.1,2,3 By mense wat ‘n belemmerde hidrolipied-skans het, sal hierdie eksterne faktore die toestand verder vererger.1 Behalwe dat droë vel en veral chronies droë vel erge ongemak kan veroorsaak, kan dit ook ‘n langdurige sielkundige uitwerking hê as die probleem nie opklaar nie.4

Wat is ’n versagtingsmiddel en hoe help dit?

Versagtingsmiddels is mediese bevogtigingsmiddels wat gebruik word om ekseem te behandel. Dit verskil van kosmetiese bevogtigingsmiddels deurdat hulle nie parfuum bevat of enige “teenveroudering”-byvoegings het nie. Versagtingsmiddels word al langer as 5 000 jaar gebruik en dit vorm ‘n noodsaaklike deel van enige terapie vir alle droë veltoestande, insluitend atopiese en kontakekseem. Versagtingsmiddels streel en verlig die gejeuk en vorm ‘n olierige lagie op die veloppervlak wat water daaronder vasvang. Die verbetering van die vel se beskermende funksie as gevolg hiervan, voorkom die penetrasie van irriterende stowwe, allergene en bakterieë en vermy of verminder sodoende die ontwikkeling van ekseem en infeksie. Versagtingsmiddels is veilig en doeltreffend – ‘n goeie velsorgroetine wat versagtingsmiddels insluit, kan die vel streel, bevog en beskerm en só help om die hoeveelheid ekseem te verminder.7a

SBR Lipocream word gebruik om droë vel te behandel deurdat dit die vel se beskermende funksie versterk en herstel, deur twee fisiologiese vel-lipiede, vrye vetsure en cholesterol, te vervang. Dit laat ook ‘n sekere hoeveelheid water toe om die vel te verlaat en behou sodoende die regte balans.  Hierdie room is ideaal vir chroniese veltoestande soos ekseem en moet drie tot vier keer per dag aangewend word.1,8

Die spesiale formulering van SBR Repair beteken dat dit by al drie fases betrokke is om die vel se beskermende laag te bevogtig en te vernuwe en dit werk om die vel se herstel te bespoedig deur sy aktiwiteit in fase drie. Dit is moontlik as gevolg van die teenwoordigheid van spesiale deeltjies wat die beskermende laag lipiede, identies aan dié van die vel, dieper in die vel indra om die herstelfunksie van dié lipiede op die beskermende laag langer te laat hou. Die room word een maal in die aand aangewend, of meer gereeld indien nodig. 2,8

Verwysingslys

  1. SBR-Lipocream™ package leaflet. October 2016SBR® Repair package leaflet. February 2006
  2. Mayo Clinic. Dry skin. [online] 2016 October. [cited 2017 May]; Available from URL: http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/dry-skin/symptoms-causes/dxc-20248892?p=1
  3. Preidt R. Eczema’s Effects More Than Skin Deep. WebMD [online] July 2016 [cited 2017 July]; Available from URL: http://www.webmd.com/skin-problems-and-treatments/eczema/news/20160729/eczemas-effects-more-than-skin-deep
  4. Alizadehfar R. Skin Barrier Repair in the Management of Atopic Dermatitis. [online] 2015 December. [cited 2017 May]; Available from URL: http://www.skintherapyletter.com/fp/2010/6.2/1.html
  5. Man MQ, Feingold KR, Thornfeldt CR, et al. Optimization of Physiological Lipid Mixtures for Barrier Repair. Invest. Dermatol. 1996;106(5):1096-101.
  6. National Eczema Society. Emollients. Fact Sheet [online] 2016 January. [cited 2017 May]; Available from URL: http://Awww.eczema.org/emollients
  7. SBR® Patient Information Leaflet (SBRPat02/ 30 Jan 2014); May 2015. Astellas Pharma (Pty) Ltd.
1051115 10/2017
Adcock Ingram Healthcare. Reg. Nr. 1949/034385/06. Privaatsak X69, Bryanston, 2021, Suid-Afrika. Tel: +27 11 635 0000   www.adcock.com

Send this to a friend