Hoe lyk outisme?

hoe_lyk_outisme

Outisme is ’n breinontwikkelingversteuring. Daar is verskillende tipes en grade van outisme, maar gewoonlik het dit vier simptome

Vrouekeur-span

Die vier hoofsimptome van Outisme:

1. Taal en kommunikasie. “Sowat 40% van outiste praat nooit met woorde nie. Hulle het ander maniere van kommunikasie, soos ge bare taal, of kommunikasie met prentjies of selfs deur jou te trek waarheen hulle wil gaan en te wys wat hulle wil hê. Daar is ook ’n groep wat wel met taal kommunikeer, maar dit verg baie moeite om met hulle te kommunikeer.”

2. Sosiale agterstand. Outiste weet nie hoe om sosiaal met ander te verkeer nie. Hulle kan nie ander se emosionele en sosiale “leidrade” optel nie en funksioneer moeilik in groepe.

3. Kenmerkende, herhalende gedrag. Hulle speel herhalend met speelgoed en is geneig om speelgoed in lang rye te pak of patrone daarmee te vorm in plaas daarvan om toepaslik daarmee te speel. Hulle is rigied in spel en sukkel met verbeeldingspel.

4. Sensoriese insette. Outiste kan hoog sensories wees, dus oor sensitief vir goed soos aanraking, harde klanke, of flikkerende ligte of laag sensories, wat beteken hulle moet buitengewoon gestimuleer word.

Vir meer inligting, besoek: www.snap.org.za www.autismsouthafrica.org www.autismassociation.org

SOURCES
Verskaf

Send this to a friend