Brei ’n fraai truitjie

Kies enige sagte kleur en brei ’n fraai truitjie

Wat het jy nodig?

3 (4; 4; 5) balle ELLE WHISP (100 g) in Brushed Lilac 4,5 mm- en 5,5 mm-naalde

Grootte

10(12; 14; 16) jaar

Wenk

Dis ’n trui met ’n kort lyfie. Jy kan lyf tot by raglanvorming langer brei indien verkies.

Afkortings

aw – aweregs; gl – glip 1 steek; r – regs; rs – reksteek; rVa – regs voor en agter in dieselfde steek; tgso – trek glipsteek oor; vmeer – vermeerder; vmin – veminder

Aanwysings

Voor- en agterpant Met 4,5 mm-naalde stel 54(58; 60; 62) ste op en werk 8 rye in 1×1-rif. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in rs tot werk 16(16; 20: 20) cm lank is, eindig met VK-ry.

Raglanvorming

Slegs 1ste en 2de grootte Vlg ry: r1, gl1, r1, tgso, rs tot laaste 3 ste, r2tes, r1. Gaan voort in rs en herh vminry elke 4de ry 4 keer dan elke RK-ry tot 34 ste. Werk 1 ry rs en glip steke op steekhouer.
SLEGS 3DE EN 4DE GROOTT E Heg 2 ste aan beg van vlg 2 rye af. (56; 58) ste. Werk 2 rye rs.
Vlg ry: r1, gl1, r1, tgso, r tot laaste 3 ste, r2tes, r1. Gaan voort in rs en herh vmin-ry elke 4de ry 3 keer dan elke RK-ry tot 36 ste. Werk 1 ry rs en glip steke op steekhouer.

Moue

Met 4,5 mm-naalde stel 40 ste op en werk in 1×1-rif vir 12 rye. Met 5,5 mm-naalde gaan voort in rs en vmeer 1 st aan weersk van 9(9; 9; 9; 5)e en elke vlg 10de ry tot 44(46; 46; 48) ste. Gaan voort sonder om te vorm tot werk 33(37; 39; 40,5) cm lank is, of lengte verlang, eindig met VK-ry.

Moutopvorming

Slegs 1ste en 2de grootte 1ste ry: r1, gl1, r1, tgso, r tot laaste 3 ste, r2tes, r1. 2de ry: r. Herh laaste 2 rye tot 22(24) ste.
Vlg ry (VK-ry): r1, gl1, r1, tgso, r tot laaste 3 ste, r2tes, r1. Herh laaste ry tot 6(8) ste.
Vlg ry: r. Glip steke op steekhouer.
Slegs 3de en 4de grootte Heg 2 ste aan beg van vlg 2 rye af. (42; 44) ste.
Vlg ry: r.
Vlg ry: r1, gl1, r1, tgso, r tot laaste 3 ste, r2tes, r1. (40; 42) ste. Herh laaste 2 rye tot (22; 18) ste.
Vlg ry (VK): r1, gl1, r1, tgso, r tot laaste 3 ste, r2tes, r1. Herh laaste ry tot (8; 10) ste.
Vlg ry: r. Glip steke op steekhouer.

Kraag

Werk al die raglannate toe maar laat regterkant agter se raglan oop. Met RKV en 5,5 mm-naalde r oor ste op steekhouer aan agterkant van nek, r oor steke op steekhouer aan bokant van mou, r ste oor op steekhouer aan voorkant van nek en ste op steekhouer aan bokant van tweede mou. 80(84; 88; 92) ste.
Vlg ry: r. Werk in 2×2-rif vir 5 cm, eindig met VK-ry.
Vlg ry: (r1, rVa, aw2) tot einde.
Vlg ry: (r2, aw3) tot einde. Werk in 3×2-rif vir 5 cm, eindig met VK-ry.
Vlg ry: (r3, aw1, awVa) tot einde.
Vlg ry: (r3, aw3) tot einde. Werk in 3×3-rif tot werk 15 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg in rif af.

Om te voltooi

Werk raglannaat en kraagnaat toe, maar aan verkeerde kant vir omslaan. Werk syen mounate toe.

Send this to a friend