Hekel: Wasterblom

hekel_wasterblom

Daar lê dikwels ’n klomp wasters in die motorhuis rond. Al ooit gedink jy kan so ’n mooi halssnoer daarvan maak?

Karen Adendorff

Benodigdhede

p ienk, maroen en roomkleurige

no 5-katoenhekelgare

2 mm-hekelpen

29 × 8 mm-wasters

klein pienk knopie

algemene naaldwerkbenodigdhede

Afkortings

kb – kortbeen

ks – kettingsteek

Aanwysings

1 Hekel 25 kb rondom een waster met roomkleurige hekelgare.

2 Hekel 25 kb rondom ses wasters met maroen hekelgare.

3 Hekel 25 kb rondom 22 wasters met pienk hekelgare.

4 Werk die ses maroen wasters rondom die roomkleur waster vas om ’n blom te vorm.

5 Werk elf wasters aan mekaar aan weerskante van die boonste maroen waster vas.

6 Hekel 10 ks met pienk hekelgare en werk dit as ’n lussie aan die regterkant agter aan die laaste waster vas.

7 Hekel 6 ks met pienk hekelgare en werk dit as ’n lussie aan die linkerkant agter aan die laaste waster vas en werk die knopie daaraan vas.

Send this to a friend