BREI: ’n Eenvoudige mantel

brei_eenvoudige_mantel

Hier is ‘n patroon vir ‘n baie maklike en mooi mantel!

CHRISTA SWANEPOEL

 

Wat het jy nodig?

6 balle ELLE VEGAS in Royal Flush

5 mm- en 6 mm-naalde

3 knope

Afkortings

r – regs

aw –aweregs

ks – koussteek

st(e) – steek (steke)

don – draad om naald

tes – tesame

RCV – regte kant voor

 

Mate

Pas: Ekstra-klein (klein; medium; groot;

ekstra-groot)

Voltooide grootte:

Rondom: 102(112; 122; 132; 142) cm

Lengte: 43(46; 48; 51; 53) cm

 

Spanning

13 ste x 16 rye = 10 cm met 6 mm-naalde

 

Aanwysings

Met 5 mm-naalde stel 150(166; 180; 196; 210) ste op.

1ste ry: *r1, aw1, herh van * tot einde.

2de ry: *r1, aw1, herh van * tot einde. 1ste en 2de ry stel 1×1-rif vas. Gaan voort in 1×1-rif vir ongeveer 6 cm, eindig met VK-ry.

Vlg ry: met 6 mm-naalde gaan voort in ks vir ongeveer 33(36; 38; 41; 43) cm, eindig met VK-ry.

Vlg ry (RK): r19(12; 15; 9; 12), (r2tes, r1[2; 2; 3; 3]) 38(36; 38; 36; 38) keer, r17(10; 13; 7; 8). 112(130; 142; 160; 172) ste. Gaan voort in ks vir sowat 3 cm, eindig met VK-ry.

Vlg ry: r12(6; 12; 4; 13), (r2tes, r1[2; 2; 4; 3]) 30(30; 30; 26; 30) keer, r10(4; 10; 0; 9). 82(100; 112; 134; 142) ste. Gaan voort in ks vir 3 cm, eindig met VK-ry.

Vlg ry: r2(0; 2; 4; 2), (r2tes, r6[8; 9; 11; 12])10 keer. 72(90; 102; 124; 132) ste. Met 5 mm-naalde gaan voort in 1×1-rif vir 5 cm. Heg lossies af.

 

Knoopband

Met RKV en 5 mm-naalde tel op en r 56(58; 62; 64; 68) ste langs sykant agter.

Werk in 1×1-rif vir 5 cm. Heg af.

 

Knoopsgatband

Maak knoopsgate 2,5 cm van boonsterand, die laaste knoopsgat 15(18; 18; 20; 20) cm van onder en die derde een in die middel daarvan soos volg.

Met RKV en 5 mm-naalde tel op en r 56(58; 62; 64; 68) ste langs sykant voor.

Werk in 1×1-rif vir 2,5 cm.

Knoopsgatry: *werk in 1×1-rif tot by plek vir knoopsgat, don, r2tes, herh van * tot laaste knoopsgat, werk in 1×1-rif tot einde.

Gaan voort in 1×1-rif vir 2,5 cm. Heg af.

 

Om te voltooi

Werk knope regoor knoopsgate aan.

Send this to a friend