Brei ’n meerminstert

Dink net hoe mal gaan die kinders daaroor  wees om in dié meerminstert TV te kyk of te lees!

Deur CHRISTA SWANEPOEL
Foto’s Hema Patel

Moeilikheidsgraad: **

Wat het jy nodig?

  • ELLE FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) 9 balle in Mexicana (A) 2 balle in Fuchsia (B)
  • 5,5 mm-naalde
  • Merkers
  • Steekhouers
  • Kabelnaald

Spanning

15 ste en 21 rye = 10 cm oor koussteek met 5,5 mm-naalde

LEES OOK: Hekel dié baie gewilde chevron-kombers

Afkortings

Aw – aweregs gl – glip k2a – kabel 2 agter: gl 1 st op kn na agter, r vlg st, dan st van kn k2v – kabel 2 voor: gl 1 st op kn na voor, r vlg st, dan st van kn kn – kabelnaald r – regs R(V)K – regte (verkeerde) kant r2tes – regs 2 ste tesame

Brei-inligting

Hierdie patroon dien slegs as riglyn sodat jy jou eie grootte kan brei. Een patroontjie oor 8 ste = 5 cm Twee stroke aan weerskante van opening = 5 cm elk (tel as 1 patroontjie) Meet jou kind se bors en stel hoeveelheid ste op sodat bokant 20-30 cm breër as bors is. Voorbeeld: Kind van 6 se bors is 60 cm. Ek besluit om dit 90 cm te maak. 16 patroontjies van 5 cm elk = 80 cm, plus twee stroke se breedtes van 5 cm elk = 90 cm. Die bont gedeelte sal dus 16 patroontjies x 8 ste per patroontjie wees = 128 ste.

LEES OOK: Brei ’n pom-pom-kombers

Wenk

Die vorm hoef nie so presies te wees nie – jy kan jou eie patroonsteek gebruik of die hele stert in reksteek brei. Verminder net geleidelik na stert se kant toe of brei een breedte tot onder en r2tes in laaste paar RK-rye. Dalk sal ’n seun nie van die vin hou nie – brei dan net ’n sakkie sonder die stertvin en in bont strepe (of sy gunstelingrugbyspan se kleure).

Patroonsteek

Oor veelvoud van 8
1ste ry (RK): (aw2, r4, aw2) tot einde.
2de ry: (r2, aw4, r2) tot einde.
3de ry: (aw1, k2a, r2, k2v, aw1) tot einde.
4de ry: (r1, aw1, r1, aw2, r1, aw1, r1) tot einde.
5de ry: (k2a, aw1, r2, aw1, k2v) tot einde.
6de ry: (aw1, r2, aw1) tot einde.
7de ry: (r2, aw4, r2) tot einde.
8ste ry: (aw2, r4, aw2) tot einde.
9de ry: (r1, k2v, aw2, k2a, r1) tot einde.
10de ry: (aw1, r1, aw1, r2, aw1, r1, aw1) tot einde.
11de ry: (r1, aw1, k2v, k2a, aw1, r1) tot einde.
12de ry: (aw1, r2, aw1 ) tot einde. Herh 1ste tot 12de ry.

LEES OOK: Hekel ‘n Oosterse kussing

Aanwysings

Pas 5–7-jarige – pas hoeveelheid steke aan vir die grootte wat jy wil brei Met B en 5,5 mm-naalde stel 144 ste (128 ste plus 8 ste weersk vir stroke) op en werk 6 rye in rs.
Vlg ry: glip 8 ste op steekhouer, r tot einde.
Vlg ry: glip 8 ste op steekhouer, r tot einde. Heg A en begin met patroonsteek. Gaan voort met patroonsteek tot werk sowat 40 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: stel 8 ste op en gaan voort in pat. Hierdie 8 ste word in patroon ingewerk (van hier af het jy dus 17 patroontjies) en gaan voort tot werk tot in waai van jou kid se bene kom (vir voorbeeld was dit sowat 60 cm), eindig met VK ry. Vou werk met oop kant na middel toe en plaas merkers weersk van een patroontjie aan albei kante. Gaan voort in pat en heg die 8 ste van gemerkte patroontjie in die volgende paar alt ry af soos volg:
1ste ry: pat tot by merker, r2tes, pat4, r2tes, pat tot by vlg merker, r2tes, pat4, r2tes.
2de ry en elke alt ry: pat.
3de ry: pat tot by merker, r2tes, r2, r2tes, pat tot vlg merker, r2tes, r2, r2tes, pat tot einde.
5de ry: pat tot by merker r2tes, r2tes, pat tot vlg merker, r2tes, r2tes, pat tot einde.
7de ry: pat tot by merker, r2tes, pat tot vlg merker, r2tes, pat tot einde.
9de ry: pat tot by merker, r oorbl st van 8 en 1ste st van vlg patroontjie saam en gaan gewoonweg aan met patroon tot vlg merker, r oorbl st van 8 en 1ste st van vlg patroontjie saam en gaan voort tot einde. 15 patroontjies. Gaan voort in patroonsteek tot werk tot by jou kind se voete pas (vir voorbeeld was dit 95 cm). Vermin weer twee patroontjies aan sye soos tevore. 13 patroontjies. Werk nog sowat 20–30 cm, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r2tes tot einde.
Vlg ry: aw. Knip draad lank af, ryg deur oorbl ste, trek styf, werk vas en werk toe tot waar werk breër gemaak is.

Rande

Glip 8 ste terug op naald en werk in rs tot band pas tot waar 8 nuwe ste opgesit is as dit effens gestrek word. Herhaal met ander kant se voorste rand.

Stertvin

Met B en 5,5 mm naalde stel 16 ste op en werk in 2×2 rif vir 6 rye.
Vlg ry: r1, rva (14 keer), gl1v (glip met draad na voor – dis net ter wille van netjiese rand) en draai. 30 ste. Werk 3 rye regs, met gl1v aan einde van elke ry.
Vlg ry: r1, rva (28 keer) gl1v. 58 ste. Werk 20 rye: r57, gl1v.
Vlg ry: r29, draai, laat oorbl 26 ste op linkerkantste naald, r oor 28, gl1v.
Vlg ry: r27.
Vlg ry: draai werk, r26, gl1v.
Vlg ry: r25.
Vlg ry: draai werk, r24, gl1v.
Vlg ry: r23.
Vlg ry: draai werk, r22, gl1v.
Vlg ry: r21. Gaan so voort met 2 ste minder in elke ry tot steke opgebruik is, draai en heg 29 ste af, trek laaste st van eerste helfte oor 1ste st van tweede helfte en herhaal vin oor ander 29 ste. Heg af.

Om te voltooi

Werk rande aan hoofdeel vas met twee punte oor mekaar oor 8 nuwe ste en werk vas. Werk vin onderaan werk vas.

Send this to a friend