10 foute wat mense in verhoudings maak 

Verhoudings is allermins perfek, maar daar is ‘n paar dinge wat mense in verhoudings doen, wat beslis nie tot ‘n gelukkige en gesonde verhouding bydra nie …

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

  1. Jy breek jou maat af en het eintlik net mooi niks goeds oor hom of haar te sê
  2. Jy dink jy tree reg op in konflik, maar eintlik is jy ‘n meester in passiewe aggressiwiteit.
  3. Jy gee jou vriende en familie en selfs jou identiteit ter wille van ‘n verhouding prys.
  4. Jy gee jou finansiële onafhanklikheid prys, want jou maat gaan mos vir jou sorg.
  5. Jy probeer konstant jou maat beheer of verander.
  6. Jy vergeet heeltemal van jou eie drome en ideale.
  7. Jy speel die weerlose slagoffer en verwag van jou maat om die held op die wit perd te wees.
  8. Jy glo jou maat moet jou gelukkig maak en as dit nie gebeur nie …
  9. Jy maak die heeldag jou maat by jou mense sleg.
  10. Jy is die jaloerste mens op die planeet en jou maat kan skaars by sy of haar familie en vriende kuier …

BRON: www.liveboldandbloom.com

Send this to a friend