Geluk: Dis binne jou bereik! | Vrouekeur

Geluk: Dis binne jou bereik!

Wenke om gelukkiger te wees? Twak, dink jy dalk, maar daar is glo maniere hoe om werklik gelukkiger te wees. Nota: Dit sluit nie die lotery in nie!

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

Geluk klink soos ‘n fantastiese bankrekening. Jy soek dit, maar weet nou nie eintlik hoe om dit te kry nie. Ons het ‘n paar wenke opgespoor wat kan help.

  1. Eet minstens een maaltyd per dag saam met iemand.
  2. Raak ontslae van die dinge wat jy nie nodig het nie.
  3. Skep vir jou ‘n dankbaarheidslysie.
  4. Kry vir jou ‘n stokperdjie.
  5. Leef in die oomblik.
  6. Raak deel van ‘n aanlyn gemeenskap.
  7. Kry ‘n tyd in die dag wat jy alleen kan wees en in stilte kan dink.
  8. Wees eerlik, al maak dit seer.
  9. Probeer om elke dag tyd buite deur te bring.
  10. Fokus op mense wat jou gelukkig maak en bring tyd saam met hulle deur.
  11. Maak jou werk jou ongelukkig? Wat kan jy daaraan doen?
  12. Skep vir jouself langtermyndoelwitte. Skryf dit neer.
  13. Maak jou werksplek persoonlik.
  14. Doen een ding op ‘n slag.
  15. Leer om aandagtig te leef.
  16. Wees goed vir ander mense en jouself.
  17. Kry tegnologievrye tye in jou huis.
  18. Kyk na jou slaappatrone – hoe kan jy beter slaap?
  19. Probeer om gebalanseerd te eet, maar veroorloof jouself ‘n bederfie nou en dan.
  20. Dink aan jouself as jou eie beste vriend of vriendin.
  21. Bly uit ander mense se sake uit as dit niks met jou te doen het nie.
  22. Moenie jouself met onnodige dinge vermoei nie.
  23. Moenie altyd die ergste verwag nie.
  24. Probeer om tevrede met jou omstandighede te wees, maar as jy dinge kan verbeter, doen dit.
  25. Vertel mense hoe lief jy vir hulle is.
  26. Vat die inisiatief om nou en dan ‘n kuier met ‘n geliefde te reël.
  27. As jou lewe vir jou te geroetineerd voel, doen iets anders, iets wat goed vir jou siel is.
  28. Oefening skei endorfiene af. Vind iets wat jy geniet.
  29. Probeer om nie in die verlede te leef nie. Fokus op die hede en die toekoms.
  30. Wat kan jyself doen om gelukkiger te wees? Doen dit.

Send this to a friend