Help, my geld is min!

Sukkel jy om finansieel kop bo water te hou? Ons het ’n paar wenke opgespoor wat kan help

Jou geld is min, jou uitgawes baie en dit lyk nie asof jy binnekort die gelukkige wenner van die lotery gaan wees nie. Wat kan mens doen om geld te bespaar en van die skuldspiraal te ontsnap.

Ons het ’n paar wenke gaan soek.

  1. Maak ‘n lys van al jou skuld.
  2. Stel ‘n begroting op en sluit elke liewe uitgawe in.
  3. Kry ‘n plan. Soos om eerste die klein skuld af te betaal.
  4. Kyk na hoe jy op jou uitgawes kan besnoei. Watter luukses is daar wat kan gaan?
  5. As jy iets koop, vergelyk eers pryse en doen jou navorsing.
  6. Probeer dubbelbetalings maak wanneer jou uitgawes verminder is.
  7. Vermy nuwe skuld. Sny die kredietkaart op as jy kan.
  8. Stel vir jouself doelwitte met ‘n beloning wat wag.
  9. Vervang duur aktiwiteite met goedkoper planne. ‘n Piekniek kan jou dalk goedkoper uitwerk as ‘n ete by ‘n restaurant.
  10. Ondersoek lojaliteitsplanne om die beste een vir jou en jou sak te vind.
  11. Kry waarde uit die goed wat jy het. Moenie nuwes koop tensy dit regtig nodig is nie.
  12. Vergelyk verskillende mediese fondse en versekeringsplanne. Waar kry jy die beste waarde vir jou geld?
  13. Kyk na vermaakopsies tuis. Dis lekker om uit te gaan, maar daar is lekker gesinsaktiwiteite wat mens tuis kan doen. Belê dalk in bordspeletjies.
  14. Is daar dinge tuis wat jy self kan regmaak? Google en YouTube kan mens verbasend baie leer.
  15. Ondersoek ook verskillende bankrekenings en kyk wat is hul heffings.
  16. Kyk na maniere hoe om water en krag te bespaar.
  17. Kanselleer winkelkennisgewings wat in jou inboks beland en tot onnodige spandering lei.
  18. As jy iets groots moet koop, wag 30 dae en besluit dan of jy dit regtig nodig het.
  19. Maak lysies voor jy winkels toe gaan en hou daarby.
  20. Geriefskos is duur. Dit is goedkoper om dit self te maak.

BRONNE: www.thesavvycouple.com, www.thesimplydollar.com

Send this to a friend