As die middeljare jou tref

as_die_middeljare_jou_tref

’n Middeljare-krisis kan jou tref juis wanneer ’n klomp dinge van jou lewe in plek is en dinge klaarblykblik goed gaan. Lees meer in ons 12 Junie-uitgawe

Jackie Pienaar-Brink

So ’n krisis is normaal, sê Karlien Erasmus, ’n voorligtingsielkundige van Pretoria. Dit kan wisselende emosies van “Is dit nou dit?” tot “Ag, ek is so bly dit is net dit” insluit, wat soms innerlike konflik kan aanwakker,

Niemand se paadjie is so vas in ’n vorm gegiet dat jy presies weet hoe jou lewe gaan verloop en hoe jy daaroor gaan voel nie, voeg Karlien by.

“Die lewe is ’n reis en jy moet vir jouself ruimte laat om langs die pad piekniek te hou of soms by die motorhawe aan te gaan om eers jou kar te diens – met ander woorde, om in die hier en nou te leef en bewustelik die keuse uit te oefen om die meeste van als te maak, maar om ook met sagte oë na jouself te kyk en jouself die kans te gun om te kan praat oor hoe jy voel en hóé jy hierdie reis ondervind.

Vir haar wil dit voorkom of mense die simptome van ’n middeljarekrisis deesdae op ’n jonger ouderdom ervaar, miskien omdat die lewenstempo in die algemeen vinniger geword het en onmiddellike behoeftebevrediging weens tegnologiese vooruitgang aan die orde van die dag is.

Sy glo mense gaan moeiliker daardeur as hulle probeer voorgee als is oukei, hulself te veel aan ander meet en te veel hul eie behoeftes ignoreer.

“Gee jouself ruimte waar jy kan verbaliseer hoe jy daaroor voel,” is haar raad. “Praat met jou man, jou vriendinne, jou ondersteuningstrukture. Gaan sien ’n sielkundige as dit nodig is – ’n objektiewe klankbord is goed.”

Meer inligting
Besoek www.erasmustherapy.com of bel Karlien by 012 362 7380.

Send this to a friend