Word ingetrek in ’n wêreld van familietwis en intrige in ‘Die vreemdeling’

’n Vreemdeling daag op in die dorpie Korludağ om wraak vir sy pa se moord te neem – maar een man kan baie vyande hê …

Dapper Alemdaroglu (Kivanç Tatlitug) keer na Korludağ, ’n klein dorpie buite Istanboel, terug met een doel voor oë: om wraak op Tahsin Korludağ (Tamer Levent) te neem. Maar waarop hy nie reken nie, is dat hy op Sühan Korludağ (Tuba Büyüküstün) verlief gaan raak. Sühan is immers die dogter van die man wat Dapper glo sy pa vermoor het en is vurig lojaal teenoor haar familie!

Hoewel Sühan Dapper eers nie vertrou nie, vind hulle van die Korludağ-familie se leuens en misdade uit en Sühan word verdeel tussen haar lojaliteit aan haar pa en die man wat sy liefhet.

Dapper besef ook dat Tahsin baie vyande het, veral wanneer Riza Chirpiji (Yiğit Özşener) uit die tronk vrygelaat word ná ’n vonnis van 30 jaar wat hy vir moord opgelê is. Vinnig ontstaan daar ’n kat-en-muis-speletjie … en wie weet waar dit gaan eindig?

Moenie Die vreemdeling misloop nie! Elke weeksdag om 17:30 slegs op e.tv. Begin Maandag 15 Julie 2019.

Send this to a friend