Mexikaanse rysbakkies

Maak hierdie mooi en geurige Mexikaanse rysbakkies

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
500 ml (2 k) witrys
4 20 g (1 blik) gekapte tamaties
750 ml (3 k) water
5 ml (1 t) sout
2 hoenderborsies, in skyfies gesny
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
knypie rooirissievlokkies
420 g (1 blik) mielies
420 g (1 blik) rooibone
handvol grofgekapte vars koljander
1 avokado, in skyfies gesny

Metode

  1. Verhit olie en braai uie en knoffel tot sag.
  2. Voeg rys by uie en braai tot effe bruiner.
  3. Voeg tamaties, water, sout, hoender en geurmiddels by en laat kook tot rys sag is.
  4. Voeg mielies, bone, koljanderblare en avokado by.
  5. Bedien met guacomole, chipotlesous en suurroom.

Send this to a friend