Gee jouself bietjie moederliefde!

Soek jy simpatie, troeteling en spesiale aandag soos net ‘n ma kan gee? Gee dit dan vir jouself

Alita Vorster

Soek jy simpatie, troeteling en spesiale aandag soos net ’n ma kan gee? Gee dit dan vir jouself

In ’n oomblik van pyn en verwarring sal enigeen haar ma byderhand wil hê, wat om jou kan kloek en jou in haar liefde kan toevou.
Almal is nie gelukkig genoeg om ’n ma te hê wat altyd ver­troetel nie. Baie volwasse vroue se verhouding met hul ma is gekompliseerd, ander se ma het al gesterf en in nog baie gevalle is die rolle omgekeer wanneer die kind die versorger is en die ma die een is wat versorg moet word. Baie vroue het as kinders nooit dié soort vertroeteling en liefde ontvang nie. Diegene wat nie werklike moederliefde ontvang het nie, loop konstant met ’n behoefte aan daardie liefde en ’n hunkering om vertroetel te word. Dit word ’n wond van pyn en onvervulde behoeftes.

Daar is egter ’n oplossing.

Wanneer jy aan jouself daardie koesterende liefde bewys en dit regkry om ook deur ander mense na aan jou vertroetel te word, kan dit help om die wond te genees.
Vir sommiges is dit natuurlik glad nie maklik om hulself te koester nie, maar dit is iets wat jy kan aanleer en die beloning is werklik groot.

Tyd vir jouself

Lenie Naude is ’n sielkundige wat self ’n pad moes stap om uit te vind wat dit werklik beteken om jouself te koester. “Die heel belangrikste aspek van selfkoestering is om vir jouself tyd te maak. Dis noodsaaklik om grense aan jou gesin te stel. Besin dus oor wat jou grense is en hou daarby. Ek glo onvoorwaardelik daarin ’n mens moet elke dag tyd saam met die Here deurbring. Al gesels jy deur die loop van die dag met Hom, moet jy ’n spesifieke stiltetyd inruim.
“Dit is alleentyd en jou gesin of vriende moet weet dit is tyd waarin hulle jou nie mag steur nie. Hier moet jy dus jou grense afbaken. Selfkoestering is eintlik niks anders nie as om jouself lief te hê. Wanneer jy jouself waarlik liefhet, sal jy jou foute aanvaar, maar ook jou vermoëns erken. Dan sal jy enigiets kan hanteer wat oor jou pad kom.”

Waarom so moeilik?

Baie van ons (ja, selfs ons ma’s) het nooit geleer om onsself te koester en vir onsself goed te wees nie.Trouens, ons vrees vir wat ander mag dink, ons begeerte om liefgehê en aanvaar te word, of die knaende idee dat ons nie goed genoeg is nie, laat ons maklik in ’n patroon van selfkastyding verval. Ons is vies vir onsself en glo altyd ons doen nie genoeg nie. Ons druk onsself verby die punt van uitputting net om nog een taak afgehandel te kry. Ons onderdruk ons gevoelens en emosies. Ons sê “ja” vir ’n versoek om iemand te help, al skreeu alles binne ons om “nee” te sê. Ons laat ongevoelige aanmerkings van ander mense toe, eerder as om op te staan en die risiko te loop om iemand anders se gevoelens seer te maak.

3 belangrike beginsels

Wanneer jy selfkoesterend optree, moet jy die volgende drie benaderings hê:

1. Liefdevolle aanvaarding eerder as selfveroorde ling

Wanneer iets verkeerd loop of nie uitwerk soos ons graag wil hê nie, sal ons vinnig onsself verkleineer en sê: “Ek was so dom” of “Ek kan niks reg doen nie”. Wanneer jy regtig moederliefde vir jouself wil bewys, moet jy eerder soos volg met jouself praat:“Miskien het ek ’n fout gemaak, maar volgende keer sal dit beter gaan” of “Ek het die beste gedoen wat ek kon, ek moet dit net glo”.

2. Gelukwensing eerder as kritiek

Baie van ons vind dit baie moeilik om onsself met ons suksesse geluk te wens.Wanneer ons iets goed gedoen het, sal ons eerder sê: “Dis hoog tyd dat ek iets reg doen” of “Ek het nou wel tien kilo’s verloor, maar ek is steeds vet”. Ons moet die vermoë ontwikkel om ons eie prestasies raak te sien, veral wanneer ons ’n doelwit wat ons vir onsself gestel het, bereik. Hou op om aan jou sukses afbreuk te doen!

3. Strelend eerder as stres

Dalk glo jy jy het nie iemand nodig om die seer plek gesond te soen wanneer jy dalk struikel en val nie (letterlik of figuurlik). Ons het almal van tyd tot tyd nodig om net die trane te laat vloei. Navorsing dui aan wanneer ons werklik huil oor een of ander sterk emosie wat ons ervaar, is dit ’n manier vir die liggaam om dinge te verwerk. Wanneer ’n mens hierdie emosies in trane laat uitvloei, help dit om die liggaam se stresvlakke te verminder. Laat die trane vloei in plaas daarvan om vir jouself te sê: “Moet tog nie so ’n baba wees en huil nie.” Dit is ’n kritiese en belangrike fase van die heelwordproses.

Wie het selfkoestering nodig?

Ons het dit almal nodig, sê Lenie.“Of jy nou ’n besige sakevrou is, iewers in ’n siekbed lê en dalk nie meer besig is nie, jy het dit nodig om gekoester te word. Dis so nodig dat elkeen die volgende sal besef: ‘Ek is ’n spesiale kind van God en ek moet vir myself goed wees. Hierdie liggaam van my is sy tempel waar Hy woon. Wanneer ek vir myself goed is, erken ek Hom.’”

Dit maak van jou ’n beter ma

 Jy sal meer geduld met jou kinders se tekortkominge hê as jy meer ge­duld met jou eie het.
 Jy kan net onvoorwaardelike liefde aan jou kinders gee wanneer jy aan jouself onvoorwaardelike liefde bewys.
 Jy kan net empatie met jou kinders se pyn hê as jy ’n bietjie empatie met jou self kan toon.
 Selfkoestering beteken jy moet na jou behoeftes omsien. Dan is dit moontlik om al daardie wonderlike gawes, goed­hartigheid, vreugde, teerheid, liefde en begrip, aan jou kinders en jouself te gee.

Laai die batterye

Lenie verduidelik vroue is geskape om te gee. Dit is in hul aard om te vertroe tel en te versorg.
“Die meeste vroue is ge neig om skuldig te voel wan neer hulle ’n bietjie tyd vir hulself afknyp. ’n Man sal maklik sê hy het hard gewerk en is moeg en gaan iets doen waarvan hy hou.”
Die vrou is soos die put in Totius se gedig wat net bly gee. Tog kan daar die put opdroog. Wan neer jy die hele dag ener gie uitgee, moet jy maniere vind om jou bat te rye te herlaai. Daar is verskillende maniere wat jy dit kan doen. Dit is be langrik vir elke vrou om pre sies uit te vind wat dit is wat haar weer “vol” sal maak.Vir een vrou sal dit wees om in skuimbad te lê met kerse wat op die kant brand. ’n Ander vrou sal weer haar batterye herlaai wanneer sy ’n ruk in die natuur deurbring en vir die voëltjies luister. Iemand anders kan dalk weer vol word wanneer sy na mooi musiek luister.

Sorg dat jy weet wat dit is wat jou energiebronne herlaai en doen dit dan gereeld.

Send this to a friend