Help, ek verdrink in die skuld! | Vrouekeur

Help, ek verdrink in die skuld!

finansies

Algemene kredietwenke deur Natasha Dickinson, verbruikerkredietspesialis by Compuscan Academy

Jy het krediet- en skuldprobleme, maar dit beteken nie dat jy nie weer daaruit sal kan kom nie. Terwyl jou finansiële gesondheid sleg mag wees en jy ‘n “skuldsiekte” het, onthou dat met enige siekte daar herstel en rehabilitasie is en dat dit tyd neem om weer ‘n toestand van welstand te bereik. Dit is ook waar met skuld. Jy kan herstel.

Die beste raad oor hoe om jou finansiële lewe te bestuur, is maklik om te sê, maar moeiliker om te bereik: Bestee wys, spaar gereeld en belê verstandig.

Oorweeg altyd jou skuld-tot-inkomste-verhouding en moenie bo jou vermoë leef nie. Jou totale maandelikse terugbetalings behoort nie 30% van jou beskikbare inkomste (dit sluit jou verband in, so streef na ‘n 20%-skuld-tot-inkomste-verhouding, indien jy nie ‘n verband hoef te betaal nie).

Om jou doelwitte vir die toekoms te behaal, moet jy:

  • Die bedrag geld wat jy verdien (inkomste) en bestee (uitgawes) op basiese gesinsbehoeftes bepaal.
  • Die kostes van jou doelwitte bepaal.
  • Besluite oor hoeveel om te spaar, hoe om skuld af te betaal en hoeveel om te belê (insluitende vir aftrede).
  • Besluit oor die tydsberekening om hierdie dinge te doen.

“Waar gaan die geld heen?” is ‘n algemene dilemma wat baie individue en huishoudings in die gesig staar wanneer dit by begroting en geldbestuur kom. Dit word finansiële beplanning genoem.

‘n Groot deel van finansiële beplanning is om ‘n begroting te vestig wat jy en jou gesin kan volg. Deur ‘n begroting op te stel, sal help om jou hulpbronne só toe te ken dat jy veelvuldige doelwitte sal bereik.

Die voordele van die opstel van ‘n begroting:

  • Help jou om ‘n visuele bestedingsprentjie te skep.
  • Vergemaklik besluitneming oor besteding en spaar.
  • Moedig versigtige besteding aan.
  • Moedig gedissiplineerde besteding aan.
  • Indien gevolg, help jou om jou finansiële doelwitte te behaal.
  • Gee jou beheer en help jou om beheer te neem oor jou geld.

Jou kredietgradering

Jou kredietgradering kan ‘n groot impak op jou lewe hê. Dit kan jou beïnvloed wanneer jy ‘n nuwe woonstel soek, toegang tot krediet het of selfs ‘n nuwe werk soek.

Jou kredietgradering is ‘n opsomming van positiewe sowel as negatiewe faktore wat voorspel hoe waarskynlik jy jou toekomstige kredietooreenkomste gaan nakom. Jou gradering word bereken deur die inligting op jou kredietprofiel te gebruik, wat insluit:

  • Hoeveel van jou beskikbare krediet jy gebruik
  • betalingsgeskiedenis
  • ongunstige inligting
  • openbare rekords, soos uitsprake (judgements)
  • vorige navrae op jou verslag (versoeke deur kredietverskaffers om jou kredietverslag te sien)

Let wel dat jou kredietgradering by elkeen van die geregistreerde Suid-Afrikaanse kredietburo’s sal verskil omdat hulle by elke instelling verskillend bereken word.

As deel van Compuscan se My Credit Check diens, is ‘n nuwe aanbieding “What’s My Score” in 2015 van stapel gestuur. Hierdie pakket stel jou in staat om by te bly met jou finansiële posisie deur jou kredietgradering teen ‘n klein fooi op ‘n maandelikse basis via SMS te ontvang.

As jy ‘n swak betaler was, sal dit op jou gradering ‘n weerspieël word. Die totale bedrag van jou krediet het nie ? groot invloed op jou gradering nie – jou gradering word grootliks bereken deur jou herbetalingsaksies in oorweging te bring en nie deur die hoeveelheid wat jy skuld nie.

Bron: BANKSETA Consumer Education Training Materials (ontwikkel deur Compuscan Academy)

www.bankseta.org.za/Consumer_Education_material?section=16&page=64

Send this to a friend