Dis toe nie jou ma se skuld nie! | Vrouekeur

Dis toe nie jou ma se skuld nie!

Genetika speel nie so ’n groot rol in gewigsverlies as wat aanvanklik gedink is nie

Deur ZERELDA ESTERHUIZEN

Volgens nuwe navorsing wat in Amerika gedoen is, is die feit dat jou ma en ouma vetsugtig was nie genoeg rede dat jy ook sukkel om gewig te verloor nie.

Nee, volgens die studie wat aan die Standford-universiteit gedoen is, is dit die hoeveelheid en gehalte van kos wat ‘n verskil aan jou gewigsverlies of -toename maak.

Daar is al baie gesê dat mense se verskillende genetika dit vir hulle makliker of moeiliker maak om gewig af te skud, maar nee, sê hierdie navorsers.

Gesonde kos het toe die groot verskil in die studie gemaak. Deelnemers wat die meeste groente geëet het en die minste verwerkte kosse, versoete drankies en ongesonde vette ingeneem het, het die meeste gewig verloor.

Prof Lennert Veerman van die Griffith-universiteit in Queensland sê die studie wys net weer dat in plaas van ‘n dieet moet mense eerder net nuwe, gesonder gewoontes aanleer en daarby hou.

BRON: www.theguardian.com

Send this to a friend